Jeffreys verlang-song
My hart is vol Jeffreysbaai klankies
En agtermiddagdrankies
As die son moet sak so langs die baai
Van Wax Cafe tot Jolly’s hassles
Three Fat Fish se pizza specials
En die kort pad tot by Ashtonbaai
Maar waar is jy nou?
Ek sing die song net vir jou
Ek hoop jy hou van country songs
Want ek doen nie
My lyf is vol brandewyn en golwe
Op die strand met krieketkolwe
Sien ek jou met roomys op jou mond
Maar my hart raak so bly
As ek van die supertube af gly
Met Nirvana in die agtergrond
Maar waar is jy nou?
Ek sing die songs net vir jou
Ek hoop jy hou van Kurt se songs
Want ek doen nie
Maar daar bly nog altyd ’n Jeffreys verlange
In my bakkie lê die Castle-kanne
Met my kitaar so op my skoot
Nou voel ek Jeffreysbaai verlange
Ek peel Karoogesange
En ek weet ek sal jou nooit weer sien
My hart is vol Jeffreysbaai klankies
En agtermiddagdrankies
As die son moet sak so langs die baai …
![]() |



