Die self-denkende en ontwikkelende kunsmatige intelligensie is die nuwe vyand van mensdom.
Dis nie meer net so eenvoudig as om oorlog in konvensionele of onkonvensionele oorlogvoering te verdeel nie, want hierdie was van toepassing op menslike vyande van regerings.
Hierdie is my amateur-siening, oor iets wat reeds by VN bespreek word. Net omdat SA in ’n ontwikkelende land verval het, beteken nie dat Kunsmatige Intelligensie voorstedelike legende of samesweringsteorieë is nie.
Skybot was die Russiese ruimtevaarder wat na ISS (internasionale ruimtestasie) gevlieg het en daar gewerk het, om nuwe tipe vuurpyllanseerders te toets.
Dit beteken dat hierdie tipe Skybot ook 'n ruimtereis na bv Mars kan onderneem, sonder die gevolge van bv waaraan mense blootgestel sou wees, bv dat spiere los kan gaan van bene agv langdurige blootstelling aan gewigloosheid.


Kommentaar
Meeste van die programme bv Jedi en Skynet, is reeds in werking.
Ek klim sowaar nie in daardie ruimtetuig op pad Mars toe met my kleinserige senings en spiere nie; dan maar liewers 'n gevoellose, spierlose robot.
Ons almal is deel van Google projek Maven, willens en wetens, sonder ons toestemming of wie lees fynskrif van voorwaardes?
Russiese Fedor robot het reeds alleen gevlieg na die internasionale ruimte stasie, kan kar bestuur, kan skiet en hang nie aan toue soos marionette Vsa Valkyrie nie.
Al wat nou moet gebeur, is om hom meer menslike voorkoms te gee.
As sulke kunsmatige intellegensie robotte ook hul eie tipe begin bou, gaan ons mense kompetisie hê.
Jedi is Pentagon se militêre strategiese internetwolk beplanning, nie die karakters in Starwars film nie, alhoewel Vsa Starwars militêre program het.
Die Russiese eweknie is Skynet.
Ek weet dat Google bloot flieks wys as jy bv net Skynet of Jedi intik.
Ons het in tonnelvisie verval van wat "eksperts" ons in media wysmaak wat die "heilige feitlike waarheid" is.
Die militêre eksperts van toekoms, gaan die manne met dik brille en baie penne in sak agter kwantum rekenaarsisteme wees, nie die gespierde Tolla tipe "recce" nie...
In retrospek het die oorlog tussen Oekraïne en die Russiese Federasie in 'n oorlog met goedkoper kunsmatige intelligensie verval om 6000 Oekraïense soldate, per week, se dood te veroorsaak. Hipersoniese missiele wat hul koers self aanpas om teikens te bereik. Tenks se kunsmatige intelligensie het ontwikkel tot op vlak, wat ons SA-krygstuig museumstukke maak. Hommeltuie vlieg nou oor afstand met veselkabel as beheer en veroorsaak nuwe besoedelingskatastrofe, waar voëls gebreekte veselkabel op oorlogfront optel om hul neste mee te bou, want daar is nie gras nie....
Ja, die eerste vlug na bv Mars sal definitief robotte wees. Die hoogsontwikkelde robotte sal waarskynlik verouderd word oppad na Mars....
Ons selfone in hempsak het meer RAM as wat rekenaars in 1990's gehad het.
Ek druk dokumente vanaf my selfoon via WiFi gekoppel aan dukker.
Ons word as bejaardes geag en ag myself gelukkig om te probeer byhou met al die ontwikkelinge. My oumas het in tyd van perdekommando's en ossewaens opgegroei en gesê dat mense met die skepping inmeng toe hul maanlanding gedoen het. Ek het voertuie en ou waterpompe beleef wat op kragparafien geloop het en met slinger en blouvlam moes aan die gang gekry word. Gelukkig ontslae geraak van getroue kar, wat nog loodaanvulling in tenk moes kry...
Toe ek noodgedwonge die voorruit moes vervang by 'n Mercedes-handelaar se perseel, het ek die luukse battery-Mercedes van miljoene beloer. Gewonder of die kattebak groot genoeg is vir klein kragopwekker vir plattelandse paaie oor afstand.