Jeanette Winterson: Why Be Happy When You Could Be Normal?

  • 0

Hello,

Philip Larkin – This Be The Verse

They mess you up, your mum and dad.
  They may not mean to, but they do.
They fill you with the faults they had
  And add some extra, just for you.

But they were messed up in their turn
  By fools in old-style hats and coats,
Who half the time were soppy-stern
  And half at one another's throats.

Man hands on misery to man.
  It deepens like a coastal shelf.
Get out as early as you can,
  And don't have any kids yourself.

Vir die doeleindes van die gesprek word dit aanvaar dat Edmund Gosse ’n voorbeeld van die manlike stem is in die konteks van die onderwerp aangespreek. Dit sal nie teen Gosse gehou dat hy wit, manlik en dood is nie. So ook Philip Larkin wat in ’n paar sinne tot die punt kom maar ook beskuldig dat hy dood en wit is. Soms ’n aanklag wat gebruik word om die kanon te vergroot, hoekom is hulle wit, manlik en dood. 

 

Dit het die gedagtes laat gaan oor ’n onderhoud met Jeanette Winterson.

Jeanette Winterson Interview
Sunday, February 5, 2012

Why Be Happy When You Could be Normal? From England, Jeanette Winterson reveals the true story behind her hit first novel,
Oranges Are Not the Only Fruit. Now, Jeanette Winterson turns again to her own life, in a remarkably candid account of
growing up with the woman she calls Mrs. Winterson, her adoptive mother. Her new book reveals the darker side of that
childhood – while still being amazingly funny.

Die onderhoud is deur die altyd uitstekende Eleanor Wachtel van CBC se Writers & Company en kan hier gevind word:

http://tinyurl.com/busxrda

Die onderhoud is gebaseer op Jeanette Winterson se boek "Why Be Happy When You Could be Normal?" wat soos die inleiding wys handel oor haar kinderjare. Vir die rekord moet dit aangedui word dat Winterson gay is en bied dit die grondslag van die titel, aangesien dit verwys na ’n insident waar Winterson voor ’n keuse gestel was. Gee jou liefde op vir Janey en dan kan sy in haar aanneem ouerhuis aanbly of vat die pad met Janey. Winterson was 16 jaar oud en die speel af in 1975. Winterson maak haar keuse vir Janey en woon in ’n mini geparkeer in die straat met Janey.

Na haar keuse gemaak is , wou haar aanneem ma weet, "Why be happy when you could be normal?”.

Daar is altyd die vraag wie se begeertes is normaal en ’n oorgretigheid om die wat verskil as abnormaal te klassifiseer.

Hierdie dui dus op een aspek van Winterson se lewe en soos menige gay persoon kan getuig ’n bloedbad wat gereeld afspeel en wroeging in die huishouding bring.

Maar in die huishouding was daar ook die kwessie van obsessionele godsdiens, die moeder, Mrs Winterson, ’n histeriese evangeliese fundamentalisme wat die huishouding oorheers en waarteen pa en dogter nie bestand was nie.

Mrs Winterson het klein Jeanette aangeneem volgens die spekulasie van Jeanette aangesien Mrs Winterson geen vriende gehad het nie. Die probleem volgens die moeder na al die drama met Jeanette, “The Devil led us to the wrong crib.”

Daar word gesidder met die aanhoor van die onderhoud gevoer waarin die volgende deur Winterson openbaar word.

Brutaal geslaan, gereeld "shut in a coal hole” en baie keer uitgesluit uit die huis vir aande sonder end en dan natuurlik die volgende:

"A three-day exorcism occasioned by Mrs. Winterson’s discovery of her daughter’s physical attraction to her own sex: no demon emerged to set the curtains on fire or fly into the dog requiring that it be strangled".

Alles in die naam van ’n liefdevolle God en wat die moeder glo daardie God van haar en haar kind verlang.

Die emosionele intelligensie van Jeanette Winterson is bewonderingswaardig en die oorlewing wat dit haar bied.

Maar hier is nog ’n patroon, Jeanette Winterson, ontdek ook die biblioteek en begin te lees van A tot Z.

“A book is a door,” Winterson discovered in the library. “You open it. You step through.”

Maar tragedie tref weer en moeder vernietig al haar boeke in ’n groot vagevuur om so haar kind te suiwer.

Dit laat Jeanette inwaarts draai en die woorde in haar gedagtes en die stories wat so gebore word en die skrywer wat vandag aan die lesers bekend is gebore word.

Die onderhoud met Jeanette Winterson is werd om na te luister en is die verhaal van ’n persoon wat oorleef het en dit soveel beter kan vertel as wat die brief gepoog het om te doen.

Die skakel is al geplaas, maar kan hier ook bevestig word:

http://www.cbc.ca/writersandcompany/episode/2012/02/05/jeanette-winterson-interview/

Baie dankie

Wouter

Dit is aangenaam om te lees dat Jeanette in ’n verhouding met Susie Orbach is.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top