Jason Lloyd se voorstel in verband met Stellenbosch

  • 0

Voor ek by die universiteit kom, laat ek ook eers saam met Jason sy ompad loop.

Jason is erg gebelgd omdat Koos van der Merwe vir Lynette Francis op haar mooi Afrikaans gekomplimenteer het. Plaas dat Jason mooi gedink het voor hy die woorde neergepen het, want hy het hom eintlik self in die voet geskiet want wat is Koos se verwysingsraamwerk hier, en wie is die mense wat daardie verwysingsraamwerk skep?  Wanneer, aan die hand van Koos se verwysingsraamwerk, sou Lynette se Afrikaans vir Koos ’normaal' geklink het, so normaal dat hy geen aanmerking daaroor sou gemaak het nie?

Wat die US betref is dit moeilik om nie saam met Jason te stem nie, naamlik " ... dat die US met al sy vrot politieke bagasie van die verlede opgeoffer word vir ’n nuwe nierassige en inklusiewe Afrikaanse universiteit."  Ek het dalk net ’n ander idee van wat die vrot bagasie is, naamlik ’n geheul met NUSAS destyds, ’n naïwiteit wat tot gevolg gehad het dat hulle met slap pap onder ’n wip gevang is en nou sit die volgende geslag met die gebakte pere.  Hulle het self vir hulle daai bed opgemaak in die hoekie waarin hulle hulself toegeverf het

Dit is dan hoekom ek nie saam met Jason stem nie; hoekom die kinders straf vir die stommiteite van hulle vaders.  Buitendien, oral waar Afrikaans veld verloor is dit natuurlik nadelig vir die bevordering en behoud van Afrikaans.  En buitendien, hoekom die US vir swart tweedetaal-Engelssprekendes gee; daar is mos reeds twee Engelse universiteite en dit is onekonomies; die studente sal aangery moet word want die Wes-Kaap is maar redelik arm aan swartes.

Jason se idee vir nog ’n Afrikaanse universiteit is egter ’n goeie idee, daar kan nooit te veel van ’n goeie ding wees nie.  Dit is ook ’n goeie idee dat die universiteit bestuur behoort te word deur "bruin en swart Afrikaanssprekendes" (weet net nie hoe 'inklusief' dit nou is nie); dit is tyd dat hulle bietjie hand uit die mou steek en iets doen vir Afrikaans in plaas van om heeltyd te kla dat hulle uitgesluit is.

Jan Rap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top