Jan Rap; vioolman op die dak

  • 0

Beste Jan Rap

Dankie vir hierdie bydrae van jou (“Die groot leun” 5 deser 2011).

Jy verwoord ook my hart daarmee.

Dink jy die Afrikanerdom sal ooit besef hoe dodelik hul Christelike Nasionale verskoning aan die mense van Mzansi was?

Dis ieder geval te laat vir trane. Ek dink die koel is deur die kerk ...

Jy tik:

Wat egter beduidend is, is dat al bogenoemde presies van toepassing is op die wanopvatting dat ons voorouers boos was; hulle sou ander mense wreed onderdruk het. Dit is onsin; daar was nooit so iets soos die “apartheid” waarvan die Engelse pers (veral die New York Times) praat nie. Julle wat so wroeg en skuldig voel en askies vra; julle is verlos! Jou ouers en grootouers was nie sleg nie, jy hoef niemand om verskoning te vra en niemand te kompenseer nie want hulle het niks verkeerd gedoen nie. Hierdie idee was in jou kop geplant, en aan die gang gehou, deur mense met hulle eie sinistere motiewe.

Jan, ons voorouers was beslis nie boos en so aandadig aan "apartheid" soos die spotbeeld Wouties van die wêreld probeer napraat met hul plastiese spoeg en plak uit Anglo en Amerikaanse bronne nie.

Dis waar my herinnering aan Fidler on the Roof vandaan kom – tradisie!

Die Ingelse het ons tradisie kom verwoes met hul salarissies inruil vir ons goud – bliksems!

Jan, ek hoop jou spiekertjies werk darem op jou rekenaar. Anders, vra maar die kinders. Maar kliek asseblief op my skakel en geniet die sin in die "Vioolman op die Dak" saam met my (dit het onderskrifte as jou ore nie kan byhou nie – Ingels is tog maar ’n eenvoudige taal vir almal).


Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese groete,

Cornelius Henn

NS Jan, steur jou tog nie aan die "Hennie" oppie werf nie. Jy vaar tans aan die verkeerde kant van die ge-aliedes. Woutie, Hennie, Alie, Smittie, ... tot by President, is eintlik maar dieselfde klompie opgestopte miniatuur Dobermantjies. Daarom het Hennie, Alie se "passie vir taal" skoon bo jou gestel. Wil jy nou meer ... die arme goed weet nie eens mooi van ’n verklarende woordeboek nie ...

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top