Jan Rap, vanoggend is ek knorrige ou man

  • 1

Na toetssessie van drie ure by kliniese sielkundige, voel ek bietjie vuisvoos. 

Sal ek "om verskoning" of "onverskoning" of net "verskoning" vra vir my knorrigheid ...? Luister net na mense se uitspraak en taalfoute soms.
 
Groete
Hans Richardt 
 
 
 
 
  • 1

Kommentaar

  • Hans Richardt

    Ai, as mense in SA sielkundige hoor, dan hoor hul probleme ... Die drieuur-sessie was tipe begripstoetse en vlugheid van brein met hoofrekene van woordsomme, alles teen tyd.
    Een ding wat ek besef het, is dat ongeag hoe slim jy dink jy is, breinoefeninge nodig bly om komplekse probleme op te los. Die brein beheer tog die liggaam en dié se reaksies op situasies. Ek glo dat almal wat ure in gimnasiums spandeer, ook gelyke tyd aan hul breinfiksheid spandeer, hul veel beter sou doen. Daar is ’n Engelse uitdrukking van: "Fast with the feet, slow with the mind!" Al van groot sportsterre gehoor wat professors was? Dalk enkelinge ...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top