Ek wil nou al my eie kak met klippe gooi, vir taalverwarring op RSG met die 2 supra terme. Vir my is tradisies(gebruike) binne 'n kultuur(waardesisteem)! Die 2 kan nie as plaasvervangers vir mekaar gebruik word nie. Bv Jode se gebruike is tog duidelik uniek binne die menseregte waardesisteem(universeel) in SA. Moslems se tradisies/gebruike is tog unieke binne die universele SA-kultuur/ -waardesisteem. Ja, daar kan botsing tussen tradisies en kultuur wees, bv 16 Des se 'wit christen Afrikaner' tradisies by die Voortrekkermonument by Bloedrivier binne die kultuur van 'versoening' op dié dag? Dit maak egter nie dié tradisies onwettig binne die kultuur van menseregte, solank rasdiskriminasie nie blatant gevier word nie?
Ek dink dis tyd dat al dié geleerde skrywers op LitNet hul terminologie regkry, voordat die maaifoedies en swerkaters hul byvoeglike naamwoorde aan ander uitdeel in blatante onnoselheid. Tyd dat christelike tradisies van staat geskei word in SA, want SA is nie 'n christelike teokrasie soos voorgegee deur beweerde 80% christene, wat nooit in kerke kom nie.
Hans Richardt

