Jan Rap se “Afrikaans in Parke” en oor Ruda

  • 0

Mens kan nie meer met Jan Rap saamstem nie.

Ruda: Nogal bietjie ’n “voor op die wa”-vrou. As joernalis is sy goed, maar haar optrede spreek van kruip by die linkses. As iemand die ware feite noem, hoe op aarde kan daardie persoon dan van rassisme beskuldig word? Net Ruda sal kan antwoord. En ook, sy was te lafhartig om die vrou wat sy beweer die opmerking gemaak het, daar en dan aan te vat. Sy kon as sy murg in haar pype gehad het die vrou eenkant toe geneem het en dan met haar gepraat het. Nou gebruik sy haar toegang tot die media om haar verdraaide siening die wêreld in te stuur.

Vertrapping van Afrikaans.

Afrikaners se slapheid teenoor hul taal, maak dat die taal kwyn. Sommige noem dat hulle trots is op hul taal en dan praat hulle gemors deur Afrikaans te deurspek met Engelse woorde. Onlangs het ’n spreker gesê dat afname in getalle taal laat kwyn. Ek stem glad nie saam nie, want dis nie so nie. Dis die taalsprekers en hoe hulle hul taalgebruik wat maak dat taal kwyn. Net terloops; ek aanvaar dat die Engelse ook trots is op hul taal en so ook Duitsers en Franse ens. Nou hoekom is dit net veral die jonger Afrikaanssprekendes wat sê hulle is trots en dan gooi hulle talle Engelse woorde tussenin wanneer hulle praat? Dis ook verstommend dat by openbare plekke die Afrikaanse persoon Engels begin praat terwyl die amptenaar agter die toonbank wel Afrikaans magtig is. Persoonlik walg ek om die jonger generasie se gemors wat hulle praat te moet aanhoor. Ek sê dit ook en hulle kan gerus vies wees. Met my praat jy ordentlik of jy hou jou mond. Is dit nie ’n groter kuns en veral bewys van opvoeding as mens jou taal, hetsy Afrikaans, Engels, Duits of wat ook al, keurig kan gebruik nie?

En ai tog, party wil so graag Engels praat soos die geval wat ek persoonlik ervaar het. Het ’n staatskantoor besoek. Die twee swart klerke het met my Afrikaans gepraat. Met my rug na die deur het ek iemand hoor inkom. Kon aflei die vrou is ’n kollega van die twee. Sy vra toe vir die een klerk; “Where is that calculator which you lend by me this morning?” Uitspraak rêrig plat. Nouja!!

’n Jaar of drie, vier gelede het ek voorspel dat dit uitsonderlik en ’n prestasie gaan wees as ’n persoon oor dertig jaar Afrikaans kan praat.

Jakkie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top