Hoe smaak 'n beeshaas en kokkelette? Ek sien al die brahmaan met konyn ore. Ek wonder oor die verwarring op 'n lughawe in Kaapstad, as jy vra vir 'n huurmotor? Gaan hul jou na Avis toe verwys?
Wat my erg grief, is dié mense wat so suiwer Afrikaans wil praat en bv Cookhouse na Kookhuis verander.
Wat sou ons 'benchmark' wees om suiwer Afrikaans teen te meet? Vlaams of Nederlands? Eerstens is Nederlands 'n non-entiteit, met verskillende dialekte in Nederland.
Wie 'naai nog sy broek se soom in'? Die kaaskop gaan erg bekommerd of bly raak, as jy vir hom beduie jy gaan hom 'neuk' (afgelei van neuken).
Ek dink dat my Ben Hur-vertaling in 'suiwer goeie Afrikaans' nie inpas in hedendaagse 'suiwer' Afrikaans nie!
My paar weke jaarliks in Hantam, is 'n kruisvaart om my taal te geniet en my siel te vernuwe.
Hans


Kommentaar
Nederlands 'n non-entiteit? Onsin.
Terwyl dit wel so is dat daar verskillende dialekte binne Nederland gesproke word, bestaan daar, nes in Afrikaans, 'n gestandaardiseerde vorm van die taal - Algemeen Beschaafd Nederlands, of die meer polities korrekte Standaardnederlands - Dus, wel 'n entiteit.
En trouens Afrikaans-Hollands, maw Hollands wat in Afrika 'gebesig' word, soos wat Afrikaans ook vroeër bekend gestaan het, was ook maar net nog 'n Nederlandse dialek. Die verskil is dat die dialek in Afrika gestandaardiseer is tot 'n eie taal en nou los staan van Standaardnederlands.
Jan
Beste Hans,