Jan Rap, neem filmmaker soms persona van onderwerp aan?

  • 1

Ek het eerlik en opreg die mening dat sommige filmmakers hul so inleef in hul onderwerp, dat hy persona van bv bergies aanneem? Wonder net of passie nie oorboord gaan tot persoonlikheid steurnis nie? Jou gewaardeerde opinie asb?

Hans

  • 1

Kommentaar

  • Ja Hans ek dink beslis.  Die blote feit dat die ou ’n film oor, sê bergies, wil maak dui daarop dat bergies in sy lewe ’n prominente plek beklee, dat hy navorsing oor hulle gedoen het en dat hulle sy meegevoel wegdra.  Indien hy niks van bergies geweet het nie en die opdrag kry om ’n film oor hulle te maak gaan hy navorsing oor hulle doen en ’n sy van hulle raaksien wat hy nie geweet het bestaan nie en op dié manier gaan hy uiteindelik oor hulle voel soos ek hierbo beskryf het.
    As jy iemand van naderby ken is jy meer geneë (geneig?) om sy kant van die saak te verstaan.  Ek was op ’n stadium tussen ’n klomp Engelse en het baie van hierdie "Battler Briton"-tipe boekies gelees waarin die Duitsers as vreeslike varke uitgebeeld was.  Toe ek op hoërskool kom en Duits as vak neem, en dus van hulle boeke lees, kom ek agter dis gewone mense soos ek wat ook hartseer kan wees, wat ook kan ly en teenoor wie ook onregverdighede gepleeg kan word.
    En dis die wat ek sê:  Vir vrede in hierdie land moet elkeen van ons ’n swart taal leer (vraag is net watter een) en elke swarte moet Afrikaans leer.  Hierdie ding van ons Afrikaanse dorps- en straatname verander (net gister weer in Pretoria die rooi strepe deur die ou name gesien soos hulle met volksvreemde name vervang is) werk polarisasie aan die hand.  Wie wil nou hand om die blaas wees met iemand wat jou gedurig aan't afjak is?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top