Jan Rap, jy luister seker Radbraak Sonder Grense?

  • 1

Om jou getier die afgelope paar weke op te som, Kaaps is net geradbraakte taal wat met oorgawe op Radbraak Sonder Grense en ook op Sabc afrikaanse nuus bevorder word, bv Cookhouse is Kookhuis, Rifle range road is Riffel weg, ens ens!

Jou engelse ma het jou duidelik opgedonner om nie taal te meng nie?

Wat positief is, is jou houding! Wat negatief is, is wat doen jy in praktiese alledaagse lewe daaraan?

Ek wonder somtyds of elke obsessiewe oor onderwerpe hier op LitNet bv KDK, Francois Williams, Jan Rap ens, nie maar voëls van enerse vere is nie, persoonlikheidsgewys?

Hans

  • 1

Kommentaar

  • Jy's reg; ek luister RSG.  Ek kan nie Radio Pretoria hier opvang nie en ek wil nie na die Engelse en swart stasies luister nie; al daardie omroepers klink of hulle Ritalin nodig het, lawaaierig en oor-opgewonde.  Ek luister so nou en dan Classic FM maar die geaffekteerde Engels wat mens partyker hoor is net so irriterend soos RSG se gedienstigheid.

    My ma was nie Engels nie, sy was van Skotse afkoms maar Afrikaanssprekend.  Sy het haar skoolopleiding in 'n katolieke klooster by nonne ontvang, hoekom weet ek nie; sy is oorlede voor ek haar daardie vraag kon vra.  My oupa, haar pa, het teen die Engelse baklei gedurende die Engelse oorlog; nie omdat hy met die Boere simpatiseer het nie maar omdat hy 'n Boer was, soos sy pa en seker sy oupa ook.

    Wat ek in my alledaagse lewe doen vir die bewaring van Afrikaans is om dit reg te praat en diplomaties aan mense uit te wys waar hulle foute maak, 'n goeie gewoonte wat ek by die Engelse aangeleer het toe ek nog tussen hulle gebly het. Ek het al voorheen vir jou byvoorbeeld gesê om vir jou 'n woordeboek aan te skaf want jou spelling is four king beroerd (verskoon die Engels). Jy kan ook gerus ophou om 'n donnerse vraagteken agter omtrent elke sin te sit.

    In die lysie van name in jou laaste sin het jy jou eie naam vergeet; hy moes heelbo verskyn het.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top