Jan Rap, jou keuse van tuisland?

  • 1

Daar is tans 'n keuse, Orania, Vierfontein, Orania en Kleinfontein, wat geoormerk is as 'tuisland'-groeipunte. Jy moet my tog laat weet waar jy jou Afrikaanse boekwinkel gaan opsit, ek wil 'n draai maak. My persoonlike keuse bly Middelpos, as 'n onafhanklike dorp sonder 'n kerk. As die klippe nie jou tyres opsny nie, gaan jy sukkel in dongas in reënseisoen. Moeilik vir 'n rower of dief en heeltemal Afrikaans.

Hans Richardt

  • 1

Kommentaar

  • Klink na ’n goeie plek waar jy bly, ek sluit hom in in my keuse as Afrikanertuisland.  Om die waarheid te sê, my keuse is die suidelike grens in Kaap Agulhas, die noordelike grens is die middelandse see, die oosgrens is Madagaskar se ooskus en die westelike grens is die weskus van Afrika.  Dus die hele Afrika en Madagaskar en miskien nog Antarktika ook, sal nog bietjie dink daaroor plus al die eilandjies en goed binne so’n 1000 myl van die Afrikakuslyn af.  Dan sal daar weer ordentlike landbou wees, en vrede, en voorspoed. Ons sal natuurlik niemand hulle taal ontneem nie; daar sal sowat 2 000 kantons of provinsies wees waar die amptelike tale Afrikaans plus die taal wat daar voor kolonisasie bestaan het, sal wees.
    ’n Pypdroom, ek weet, maar sal dit nie donners lekker wees nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top