Hello,
Vir ontleding in deel twee word daar na die volgende van Jan Rap gedraai:
Paragraaf 7
Hy (Jacobus Faasen) praat van die Boer as 'apartheidsonderdrukker' en hy is nogal reg; die Boer het apartheid wat deur die Engelse ingestel is onderdruk. As hy egter bedoel die Boer was die onderdrukker is hy verkeerd, hy ken nie die geskiedenis nie; hy lees te veel Engelse (en deesdae Afrikaanse) koerante.
Is Jan Rap ernstig?
Die dwaal van ontkenning is erg en diep gesetel in Jan Rap se gemoed en maak dit Jan Rap se stellings belaglik en toon geen respek teenoor Jacobus Faasen.
Daar is geen behoefte van my kant af om myself gedurig te looi op 'n daaglikse basis oor dit wat verkeerd was in die Afrikaner se verlede nie. Op 'n punt moet dit stop, maar respek teenoor die wat te nagekom is vereis dat jy bewus moet wees van die wandade gepleeg in jou naam en dat daar met respek moet omgegaan word wanneer die aangeleenthede bespreek word en meer so teenoor die van die bevolking wat vir 84 jaar onder verdrukking was.
In deel een is daar gedeeltelik verwys na die Afrikaner se opmars van Uniewording en die rol wat die Afrikaner onder leiding van Louis Botha in die Unie gespeel het en die koalisies gevorm en daarmee glad nie die Afrikaner onthef van 1913 nie.
Met Afrikaans en Afrikaner Nasionalisme duidelik geformuleer word die oogmerk van Nasionale Party om sy stempel op die land af te druk en wag afsonderlike ontwikkeling en die 11 volke met elk sy eie nasiestaat ook nog sy beurt af. Hierdie is volgens Jan Rap die mislukking van demokrasie, soos dit deur Jan Rap verstaan word.
Hierdie is 'n langtermynprojek en speel die staatsinstelling en uiteindelike regering 'n belangrike rol daarin en was die oogmerk om die regering en staats afdelings te vul met amptenare van die Nasionale Party asook ondersteuners wat dan daarmee die Afrikaner-nasionalistiese aspirasies tot vervulling sou bring en rasse-oorheersing vervolmaak.
Hierdie is dan 'n strategie van neem die staatsdiens oor met wit Afrikaners en Afrikaans die voertaal en bevorder uit daardie plek van mag, apartheid, met sy doelstelling om 'n gevoel van afhanklikheid te skep in die Afrikaner-volk, deur die daarstelling van beskutte arbeid aan Afrikaners asook om die hoofsaaklik Engelssprekendes ondersteunend van die Verenigde Party (Die Nasionale Party se parlementêre opposisie), te marginaliseer.
Maar Jan Rap is so die kluts kwyt met Engels dat bogenoemde geskiedenis in Jan Rap se boeke as versinsels afgemaak sal word.
Apartheid se dryfveer was dus wit heerskappy en Afrikaner-nasionalisme - wat die definisie van die nasie as wit en as (wit) Afrikaner die norm maak. Daarby kan gevoeg word, Christelik. Die normaal aanvaarde, is dus, wit, Afikaner en Afrikaans, Christelik en sekerlik manlik. Kobus de Klerk sou hom sekerlik tuis voel. Hierdie sal dan Kobus de Klerk se 'natuurlike diversiteit' wees.
Daarom dan begin af word daar swaar gesteun op die spesifieke belange van die wit Afrikaner-volk om sodoende ondersteuning en legitimiteit van die wit bevolking in die vir die bevordering van wit Afrikaner-heerskappy.
Met die 1948-verkiesing maak die Afrikaner 57 persent van Suid-Afrika se wit bevolking op en is die wit persoon die enigste wat stemreg gehad het in hierdie land en word die verkiesingsveldtog van daardie jaar gekenmerk deur die uitbuiting van wit vrese oor die sogenaamde 'swart gevaar' en is dit die wat Afrikaans praat wat die Nasionale Party sy oorwinning besorg. 'n Lang pad vanaf die donkie in die klas tot baas van die land en was die eng Afrikaner nasionalistiese platform 'n belangrike komponent van die Nasionale Party se sukses en moes die steun van die Afrikaner ten alle tye behou word, so hoog soos 85% van alle Afrikaners wat kon stem en was dit daarom van belang vir die Nasionale Party om sy steun onder die Engelssprekendes ook uit te brei.
Hierdie fyn balans het 'n mate van 'n remskoen gebied om die ergste vergrype stadiger te laat geskied van die sosiale ingenieurswese wat op apartheid gebaseer was tot en met die (wit) referendum van 1960 oor republiek wording maar met die verkiesing van 1961 is die Nasionale Party se Afrikaner-nasionalisme finaal en word 'n belangrike mylpaal verskuiwing na 'n meer aggressiewe, outoritêre fase van beleidsformulering na 1961.
Die 'boer', Afrikaner was dus nog nooit 'n kampvegter teen onderdrukking nie en word die Afrikaner se geskiedenis gekenmerk deur 'n vasberade tog vanaf die 'Boere Republieke' tot en met die Unie en die uitroep van Suid-Afrika as 'n Republiek met die Afrikaner aan bewind en die oorgrote meerderheid van die bevolking onderdruk deur wetgewing geformuleer deur die Afrikaner. Die 'boer'.
Dat Jan Rap nie hierdie geskiedenis ken, of wil erken nie, is 'n aanklag van die ergste graad teenoor Jan Rap se integriteit en is die absolute ontkenning daarvan om geen respek te toon aan die burgers van hierdie land nie.
Dit is 'n skande van die ergste graad uit Jan Rap se gemoed uit en verdien Jan Rap geen respek in ruil daarvoor.
Baie dankie
Wouter

