Hello,
Kan Jan Rap gered word?
In geen onduidelike terme is Jan Rap 'n verstokte ideoloog wat in 'n dwaal van ontkenning is. Hierdie word heeltemal oneerlik deur Jan Rap aangebied:
Paragraaf 3
Loutere snert. Wat bedoel hy (Jacobus Faasen) in elk geval met die 'legitimisering en wettiging van taalsuperioriteit'? Die feit is, Afrikaans was nog nooit in 'n bevoorregte posisie geplaas nie en nooit in enigiemand se keel afgedruk nie. Die enigste taal wat in kele afgedruk was, was Engels; dink maar aan die bordjies 'I am a donkey, I may not speak Dutch' wat Afrikaanse kinders as straf moes dra as hulle Afrikaans by die skool gepraat het. Die gedurige verwysing na 76 is al holrug gery; as daar geen Afrikaans op daardie stadium in die skole was nie sou hulle in opstand oor geskiedenis, of aardrykskunde of so-iets gekom het. Opstande en opmarse en bandebrandery is 'n simptoom van 'n dieperliggende frustrasie (wat dit is, is miskien die onderwerp van 'n nuwe debat) en dié is nog steeds daar want daar is deesdae nog meer opstande, tot 16 per dag hoor ek.
Nou Jan Rap is nie goed met statistiek nie, volgens Jan Rap is daar 22000 moorde per jaar in Suid-Afrika en is die amptelike syfer 16000 moorde maar is die syfer volgens Jan Rap 'n fabel wat deur die ANC vertel word. Jan Rap sal egter nie sy bronne bevestig nie, behalwe om te beweer die syfer van 16000 is gedokter. Dit is die gronde waarop Jan Rap sy wilde stellings baseer. Nou is daar volgens Jan Rap 16 opstande 'n dag. Dalk kan Jan Rap aandui by wie Jan Rap dit gehoor het. Dit sou darem nuus gewees het, maar dan lees Jan Rap nie koerante nie en nog minder 'n geskiedenisboek wat aan Jan Rap kon verduidelik het wat die 'dieperliggende frustrasie' was.
Die voel Jan Rap moet nou ondersoek word.
Vir die wat weet is dit ou nuus, maar Jan Rap weet nie.
Die werklikheid het geen belang vir Jan Rap en herskryf Jan Rap die geskiedenis met elke sin en is selfs 'en' en 'die' onwaar in enige sin uit Jan Rap se pen.
Neem nou maar weer die bogenoemde tirade, 'loutere snert' is 'legitimisering en wettiging van taalsuperioriteit', en die word gebaseer op 'n staaltjie. Vir Jan Rap is 'n staaltjie 'n argument, 'I am a donkey, I may not speak Dutch'.
Dit is vir my 'n pyn om vir 'n volwasse ouer persoon 'n geskiedenisles te gee, maar Jan Rap het dit broodnodig. Nie dat gaan help nie, maar dalk in die middernagure sal sy gewete hom begin ry.
Die les begin soos volg:
In 1924 kom die Nasionale Party en die 'Labour Party' aan bewind in koalisie. In 1925 dien DF Malan wetgewing in om Afrikaans saam met Hollands en Engels die amptelike taal van die land te maak. Die redes daarvoor volgens DF Malan was aangesien op primêre vlak by skole was Afrikaans alreeds aangebied net soos Universiteite wat Hollands as voertaal gehad het Afrikaanse geskrifte aanvaar het wanneer ingedien as 'n tesis. Daar is dus geen teken op hierdie stadium van, 'I am a donkey, I may not speak Dutch'. Miskien kan Jan Rap die jaartal bevestig, maar nou word 1925 behandel.
DF Malan voer triomfantlik aan.
'Vir die eerste keer word die Afrikaner erken en is die Afrikaner nou volkome vry en tuis in sy eie land.'
'Afrikaans het 'n magtige vloed geword.'
Jan Smuts skud net sy kop.
Nou Jan Rap voer aan, Afrikaans is in niemand se kele afgedruk nie.
Is Jan Rap nuut in die land?
Nie lank na die wetgewing van 1925 word Hollands opsy geskuif en word dit die taal van onderrig en amptelike dokumente.
Hier sal Jan Rap as verweer 'n staaltjie aanbied van Engels was die norm van alle dokumente, soos Jan Rap kan onthou uit die 1960's.
Aangesien Jan Rap die skool as 'n argument in sy staaltjie gebruik is dit juis ironies dat die stryd vir Afrikaans is in die skole gewen, juis weens die feit dat Afrikaans, Hollands vervang het as die taal van onderrig en is die proses in die laat 1920's voltooi en word Afrikaans die enkel medium van onderrig.
Hierdie 'magtige vloed' en die politieke onderbou daaraan verbonde word soos volg verwoord uit die mond van Gabriël Gideon (Gawie) Cillié wat JBM Hertog die volgende vertel:
'Generaal, sonder die werk van Afrikaner-onderwyser, sou die Afrikaner nie aan bewind gekom het nie. Dit is nie dat ons die kinders party politiek leer nie, maar ons leer hulle wel, hulle geskiedenis en hulle taal, en het hulle nou vir julle gestem.'
Daarom dan weer, waar is die donkies?
Nie lank na dit en tesame daarmee word die universiteite ook Afrikaans en is enige ander van inheemse tale bloot uitgesluit.
Daarom dan die korrekte waarneming van Jakobus Faasen se feitlike stelling, 'legitimisering en wettiging van taalsuperioriteit'.
Maar die sal Jan Rap nie weet nie.
Hierdie is net 'n inleiding en verg nog 'n brief om die verloop in meer detail te bespreek.
Baie dankie
Wouter


Kommentaar
Wouter
Hello Perdebytjie