In die Karoo kan man kuilvoer vir skape in droogte maak uit beide. Ek weet dat erograstis, blou buffel, smutsvinger en lusern sukkel sonder water. As 'gryswater' deur 'n vleiland van hemp, bamboes, lusern, smutsvinger en wat ook al gepomp word, kan 'n munisipaliteit op eenvoudige vlak dit sny en baal of kap as kuilvoer? Dit kan maw van jaar 1 al 'n inkomste genereer.
Om bamboes te verwerk, tot bv planke, is arbeidsintensief. Hemp is goedkoper om te produseer as eweknie van katoen en hoef nie met gevaarlike gif bespuit te word nie. Hemp-olie uit sade is glo 'gesondheidskos' en oliekoek is hoog gesog as veevoer. As koring in saaidamme gegroei kan word in Calvinia, kan dié twee gegroei word deur die munisipaliteit as werkskepping en herverbruik van gryswater.
Wat de hel, dis 'n idee en nie probleem soos turksvye of sisal plant nie.
Hans Richardt

