Ek voel werklik teleurgesteld oor jou verarming van ons taal deur die woord "mite", akkies Hollywood-styl gelyk te maak aan leuens of fiksie.
Volwaardige taal is ryk aan woorde – elk in hul eie unieke en algemene verklaring.
Die algemene verklaring van woord "mite", word doelbewus in Anglo en Amerika se Protestante kapitalistiese bestel verniel. Met hierdie soort breinspoeling word andere se aanbidding tot ons almal se Almagtige Lewende Skepper buite die Calvinistiese milieu, deur die kapitalistiese meesters tot leuens en fiksie neergehaal.
Komende van enige ander wat nie so behep is in stryd met die politiek van die dag soos jy nie, kon ’n mens dalk nog verstaan. Jy huiwer egter nooit om ander te verkleineer wat nie aan die standaard van jou skynheilige en puristiese "stryd vir Afrikaans en/of Afrikaner" voldoen nie.
Nou is jy die een wat met soveel oorgawe die woord "mite" akkies Hollywood se "Mythbusters", ons taal verkrag.
Ek sou jou wou vra hoe dink jy gaan jy gaan jy die woord "mitologie" kon neerhaal met jou veronderstelde betekenis van leuens en fiksie aan die woord "mite", maar jy kon nog nooit eintlik behoorlik rede voer agter jou versukkelde verskuildheid nie.
Val gerus maar verby.
Sola Gratia,
Cornelius Henn

