Jan Rap, Afrikaner as 'universele mens'?

  • 0

Vraag supra maak my altyd ongemaklik in samehang met die tuisland-idee. Daar is 'n paar dinge wat unieke kulture altyd kenmerk, binne groter gemeenskap, bv Amish in universele VSA. Hul argitektuur, kleredrag, vervoer is 'n opsigtelike kenmerk. Mens kan nie wil universeel inneuk in 'n unieke tuisland. Dis belaglike oppervlakkige tot tappit-praatjies tans oor die tuisland-idee. Werk aan die uniekheid eerste en kyk dan na ’n 'tuisland'. Bv 'n sekere kerk het 'n sekere kleredrag en almal bly in 'n bepaalde plek, Jatniel. Kan mens dit 'n 'afrikaner tuisland' noem? Nee, want dis 'n geloofspesifieke kollektief, met ander etnisiteite bv Duitsers daarin. Laat ons die 'tuisland'-benaming na 'n Afrikaanse kollektiewe groeipunt verander en doen weg met negatiewe konnotasies. Werk dan aan dié uniekheid van 'n bepaalde kollektief, synde dié uiteenlopende inherente natuur van Afrikaanse mense in SA.

Hans Richardt

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top