Meeste veldslae was in die 'kolonie' soos Kimberley, Mafikeng, Ladysmith, Colesberg, Hantam, Okiep en Stormberg-"junction". Dit klink na aggressor eerder as slagoffer. 'n Landbouer vs "industrialist", bloeddiamante en goud. Teen einde Mei 1900, was die Vrystaat en Transvaal geannekseer. Daarna was dit guerilla/terroriste-oorlog van bittereinders. £200 miljoen.
Die bittereinders was die fikste en mees geharde Boere. Jy was 'n 'joiner' sodra jy wapen neergelê het en trou aan kroon gesweer het. Die ouens wat so 'brag' oor hul oupas in Ceylon of St Helena, moet weer dink oor hoe hul as gevangene daar gekom het. Mei 1902 was die einde.
Jan Rap, jy is nie 'n goeie militaris nie. Teken 'n kaart, plaas vlaggies van hoe die oorlog ontplooi het met datums. 500 000 Britse penisse het 'n koloniale volksplanting gedoen, in vrye tyd, in Vrystaat en Transvaal. Anglikaner?
Hans Richardt


Kommentaar
Beste Hans,
Ek kry die indruk dat jy ’n besonder skrander en denkende persoon is met ’n besondere kennis van die geskiedenis wat jy deur die prisma van jou persoonlike en oorspronklike manier met ons wil deel. Maar ek vind egter dat jou gedagtes so gedisorganiseerd is, en jou wyse van skrywe ook heel moeilik is om te volg. Wend asb. ’n poging aan om minder te skryf, en gee meer aandag aan jou presentasie sodat almal van ons jou interessante gedagtes kan volg.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys