Jan
Oor jou manier van skryf hier op die interweb.
Ek wil graag opmerk dat na jou brief van gister aan Jaco, dat ek weereens beïndruk is met die manier wat jy reageer en redeneer. Ek dink ons almal kan bietjie leer hierby, hetsy jy saamstem met jou punte of nie. Die vermoë om terug te staan van ’n argument/redenasie en die persoon aan te spreek oor wat hy op die tafel plaas in teenstelling met wat ons dink hy bedoel, is ’n skaarsheid. Byvoorbeeld die volgende uit jou brief:
Om nou jou vraag te antwoord, die een wat jy sê ek nog nie geantwoord het nie naamlik wat het Dan Roodt beter of meer vir die Afrikaner gedoen as wat AfriForum gedoen het: Ek weet nie maar as jy dink AfriForum het meer en beter gedoen, maak dit die ontsettend baie wat Dan gedoen het, en nog steeds doen, ongedaan? Moes Van Gogh byvoorbeeld ophou skilder omdat mense destyds gedink het sy tydgenote skilder beter? Miskien verstaan ek nie jou vraag mooi nie, vra maar weer.
Die gewone man op straat se eerste reaksie is om te probeer lysies maak en vergelyk. Ek hou baie meer van jou gevolgtrekking.
Sonder sarkasme, is jy opgelei êrens in die soort van ding (werk, universiteit) of kon jy maar altyd iets so lekker uitpluis?
Groete
Skot

