"Jan, Jan, Jan, die hen-pecked man" deur GJ du Toit

  • 0

Jan, Jan, Jan, die hen-pecked man

Tsoenami, tsoenami, tsoenami.
Dis Katryn se Air Force en haar Army
Sy sit vierkant op die kop van Jan Salami
plooi hom na haar sin nes origami

REFREIN:
Jan, Jan, Jan, die hen-pecked man
Arme Jan, hy sit sonder plan
As hy net kon leer om ook sy sê te sê
dan het sy Katryn hom nie so lam gelê

Tornado's, orkane, siklone
Dis Katryn wat trap op Jan se tone
Sy's Verkeerdevlei se sterkste Amasone
Dorings kweek sy pleks van anemone

REFREIN

Tifone, erupsies, sinkgaaie
Sy's kwaaier as tien Zambezi-haaie
Tik sy haar man net ligweg tussen die blaaie
vrees hy sy voer hom netnou vir die kraaie

REFREIN

Tsoenami, tsoenami, tsoenami.
Dis Katryn se Air Force en haar Army
Sy sit vierkant op die kop van Jan Salami
plooi hom na haar sin nes origami

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top