Wolke hang laag vandag
Dit hinder my visie
Oorskadu my denke
Bring voort die konklusie
Jou warm is koud
En jou koud, die reën
Wat sal dit van my vat
Om wolke oop te stoot?
Om strale deur te stuur
My hart en siel ontbloot
My koud is warm
En my warm, die son
Tog kan die son en reën
Onder een hemel saam
Bo wasige wolke
Die lug met reënboog raam

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

