Jacques Kallis en Corrie Sanders

  • 0

Ek hoor ’n liedjie en die frase "lei Kallis Sanders" of "ly Kallis, Sanders"? vang my oor. Ek wou toe hoor of Jacques vir Corrie bedien met een of ander soort berading of, of die twee saam op ’n bergklimuitstappie of iets was en Jacques geval het en die ander by Corrie, wat eerste by die beseerde Jacques uitgekom het, wou weet of hy orraait is.

By nadere luister kom ek toe agter die frase is "... lyk alles anders ..." Hoekom gebruik die oorgrote meerderheid van die sangers deesdae nie die stemstop, “glottal stop” noem die Engelse dit, nie? Ek hoor die naweek Miemie Coertze twee liedjies sing, die “Magaliesbergse aandlied” en die “Onse Vader”, sonder daardie probleem. Is dit dalk sangopleiding wat die verskil maak?

Jan Rap

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top