LitNet het die volgende berig van Jacobus Faasen se werkgewer ontvang:
It is with great sadness that we have to announce the sudden death of Mr Jacobus Faasen of the Language Services component in the Department of Cultural Affairs and Sport. He died on 13 May 2014 at his home. He is survived by his sister and a brother in Canada. Jacobus was 55 years old and a Principal Language Practitioner specialising in Afrikaans. He joined the Language Services component in January 2009 after working as a teacher and at publishing companies. He was a very professional and perfectionist translator and lived for languages, especially his mother language, Afrikaans. He also regularly contributed Afrikaans poems to the literary website, LitNet. He loved his work and as the expert on Afrikaans he was a great asset to the Department and the entire Province. Kobus, as he is well known by many, will be missed dearly by his colleagues. His ability and willingness to speak isiXhosa, his love for the country and his great sense of humour endeared him to his colleagues and he will be missed sorely. May his soul rest in peace.
Jacobus Faasen was vir jare 'n getroue bydraer tot SêNet. Mag hy onthou word deur sy kreatiewe woorde.


Kommentaar
Ag nee! Baie jammer om dit te hoor.
Hello Webvoet,
Ek is baie baie jammer om dit te hoor.
Daar is ‘n begin en ‘n einde aan alles. Dit is die verloop van die heelal.
Jacobus Faasen skryf jare langer aan SêNet as ek. Nou die skielike en onverwagte stilte. Die verwisseling van ‘n helder brein vol gedagtes met ander hier op die werf. Dat dit so skielik gestil word, bly maar ‘n skok, ‘n geleentheid tot herbesinning.
Alhoewel ek meermale nie met jou saamgestem nie, sal ek jou mis Jacobus, asook jou unieke skryfstyl.
Jammer om te hoor van sy afsterwe. Ek vertrou dat sy vriende en familie troos sal vind.
Groete,
Varkspek
Ek neem met leeddpwese kennis. Ons gaan hom mis!
Cobus was op sy unieke manier 'n Afrikaanse taaltowenaar. Innige meegevoel met sy naasbestaandes en geliefdes.
Ons is almal gaste in hierdie lewe
Ons vertoef 'n rukkie, en dan verlaat ons die kuier
Rykdom en geliefdes wat ons ontvang is in trust
Onvermydelik, word die trust onverwags herroep
As kinders van hierdie lewe sal alles deel uitmaak
Om saam weer te ontmoet in die hiernamaals
In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige
Ons almal behoort aan onse lieflike Allah, en ons almal sal na Hom terugkeer ...
Ek salueer jou Jacobus Faasen
Wat 'n hartseer verlies! Jacobus was so deel van SêNet vir soveel jare. Met sy interessante skryfstyl en kritiese denke was hy daagliks deel van die briewekolom.
So jammer om hierdie nuus te verneem! Sterkte aan sy familie en kollegas.