Jaco, moet asseblief nie weer so ’n brief skryf soos wat jy hier dreig nie.
Dit was ’n smerige verhaal, of die "rent piece" nou manlik of vroulik was. Seksuele uitbuiting van ’n jong mens wat uit desperaatheid sy/haar lyf moet verkoop, is smerig. Ek vermoed jy dink dit was geoorloof juis omdat dit ’n gay verhaal was. Verkeerd.
Ja, niemand is verplig om ander se briewe te lees nie, maar dit gaan ook oor die beeld van hierdie forum. Dis vir ordentlike mense. Daar is genoeg ander webforums waar die meer onverkwiklike neigings uitgestal en bevredig kan word. Ek het net gehoor daarvan.
Groete
Dirk D

