Ek het op ’n kol ’n klagte van dames by ’n kantoorpark gehad, wat die homoseksuele se daaglikse “rumble in the jungle” oorkant ’n dam moes beskou. Om die bere te verjaag, het ons selfs ’n “stun grenade” gebruik, met gevolglike klagte daaroor. Ek het met media ’n veldtog gedryf en die metroraad het na sowat 10 moorde in 3 jaar daar, die plek toegekamp en toilette gesloop. Getroude mans het daar as prostitute uitgehang, vrou en kinders het op kombers piekniek gehou, terwyl pappie daaglikse brood verdien het. Gruwelik was die ou getroude man op sy loopraam, wat hul huis toe gevat het, terwyl vroulief by werk was. Dis nou die swart bosbewoners. Bekendes in gemeenskap daar gesien. Baie wit getroude mans daar gesien.
Hans Richardt
Brief verkort. – Maggie

