J W Gericke oor God - Deel 6 - Metatekstuele geskiedenis – II

  • 1

Aangesien God die optekening van die essensie van die Woord inspireer, is dit duidelik dat God nie die dae van vervreemding en verstrooiing in soveel detail laat opteken het, nie, maar juis die vernuwing en suiwering, soos deur die verskillende Testamente in redelike detail uiteengesit word, ook ten aansien van wie betrokke was en wie, nie.

Daarom is die spekulasie (omdat dit op talle aannames en veronderstellings en konflikterende interpretasies van tersaaklike tekste berus) rondom die tydsverloop sedert die skepping van die heelal en die aarde en die mensdom, van geen relevansie ten aansien van die feit van die bestaan van God, nie. Die enigste rede waarom dié dinge tot die mate van detail waarin dit wél in die Woord vermeld word, is dat die mensdom moet besef dat God die Skepper daarvan, is en ook sommige van SY redes daarvoor. Die datums, tydperke en ander dergelike inligting, is nie van soveel belang nie en die Woord deel nie in genoeg detail daarmee, om werklik korrekte berekenings daarvolgens te maak, nie. Dit is spekulatiewe aspekte wat deur agnostici gebruik word om twyfel te probeer bewerkstellig, maar is tot die kruks van die ware Godsdiens, van geen wesentlike nut en waarde, nie.

Daar is, byvoorbeeld, géén aanduiding in die Woord van hoeveel tyd tussen Genesis 1:1 en 1:2 verloop het, nie. Dat daar wel tyd heelwat verloop het, word deur die natuurlike skepping self, aangedui. Die Woord dui aan dat die aarde reeds bestaan het (Openbaring 12:9, 13-17) vóór die huidige skepping (Genesis 1:1 het dus op die oorspronklike skepping van die aarde en sy hemelruim betrekking) van nuwe lewe op aarde (Genesis 1:2-31) – die fossiele wat die aarde oplewer van vorige, baie ou lewe op aarde wat uitgewis is voor die huidige skepping en voor daar enige mense deur God op aarde geskape en gelewe het (mense is duidelik eers met die huidige skepping deur God geskep - Genesis 1;26-27) en waarvan daar geen ander rekord in ons menseheugenis is, nie, is bevestiging daarvan en ook dat God wéér die aarde sal hernuwe (Jesaja 65:17; 2 Petrus 3:13; Openbaring 21:1). Dit blyk dus duidelik dat God die lewe op aarde van tyd tot tyd hernuwe (die sterkste teenvoeter teen die darwinisme en ook verklaring vir die bestaan van die fossiele).

Dan gaan Gericke ook in ’n gedetailleerde bespreking van die Name van God. Die feit dat mense God op verskeie maniere aangespreek het, het geen betrekking op God se ewige bestaan, nie en dui maar net op die gebruike wat mense daaromtrent gehad het van tyd tot tyd, totdat God besluit het om SY Gedenknaam (YHVH) vir die mensdom, aan Moses bekend te maak (Eksodus 3:14-15). God verduidelik dit só aan Moses: “VERDER het God met Moses gespreek en vir hom gesê: Ek is die HERE (YHVH). En Ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn as God, die Almagtige (El Shadday, wat beteken, “God Almagtig”), maar met my Naam HERE (YHVH) het Ek My nie aan hulle bekend gemaak nie” (Exodus 6:2-3) en aan Jesaja “EK is die HERE (YHVH – as volg gevokaliseer YEHOVAH, wat beteken EK IS), dit is my Naam; en My eer sal Ek aan geen ander gee, of ook My lof aan die gesnede beelde nie.” (Jesaja 42:8) “YAHVEH” is ’n variërende vokalisasie van die oorspronklike “YHVH”). God het aan Moses gesê “???? ? ??? — ehyeh asher ehyeh” wat beteken EK IS WAT EK IS (Eksodus 3:14).

God noem dié Naam SY Naam vir ewig, en dit is SY Gedenknaam van geslag tot geslag. Hoewel die taalkonstruksie van hierdie Gedenknaam van God dus op die oog af ietwat vreemd aandoen (met die allergrootste respek gesê), is juis hierdie verwysing deur God na SY Gedenknaam, die aanduiding dat dit SY Naam vir alle volke, is. Só is daar dan in verskillende tale die nasies van die tyd, aansluiting by dié Gedenknaam van God, welke God dan juis as Gedenknaam vir die mensdom (nie net die volk, Israel, nie) bekendgestel, het. Maar God het die uitverkore volk, die Israeliete, gebruik om dié Gedenknaam aan die mensdom bekend te stel. Gericke noem sommige van die tale van die tyd wat by die Gedenknaam van God (YHVH) aansluit, maar het nie die vaagste benul van die implikasie daarvan nie en dink dit is aanduiding van die mitologie.

Die kernaspek wat Gericke en ander agnostici uit die oog verloor en buite rekening laat, is dat God die oorspronklike en Enigste ware God is Wie van die begin af aan alle mense bekend was. Daarom is dit glad nie vreemd dat die paganistiese volke, almal afstammelinge van die gelowiges Noag en sy seuns, se paganistiese religieë heelwat raakpunte, maar ook wesentlike korrupsie van die oorspronklike, ware Godsdiens, waaruit dit ontstaan het maar gekorrupteer geraak het, bevat, nie.

Daarom is dit nie verbasend dat al dié pagan nasies van die tyd, geweet het Wie die God van Israel is, nie – HY is immers die God van hulle gemeenskaplike voorvaders. Tog kan Gericke hierdie eenvoudige geskiedenis nie insien en verwerk, nie. God was dus die God van ál die antieke volke, totdat hulle gekorrupteer geraak het en in afgodediens en vreemde gebruike betrokke geraak het – vandaar die Mosaïese wette, wat Godsdienssuiwerheid bewerkstellig het deur ’n verbod te plaas op al die afvallige paganistiese kulturele- en religieuse gebruike en rituele.

Gericke is egter só insigloos ten aansien van die voorgenoemde, dat hy nie besef die ware Godsdiens het die paganisme voorafgegaan, nie en dan te kenne gee dat die pagan religieë die Godheid voorafgaan en omdat die pagan afgode versinsels is en daar ooreenstemmende kulturele gebruike is (die paganistiese korrupsie buite rekening gelaat) met die ware Godsdiens is, is die Godheid ook ’n versinsel.

Vervolg ...

Kobus de Klerk

  • 1

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Kobus, kom verby jou kwibus narsisme en let liefs op al jou eie "transtekstuele" aanhalinge en vernieling van veral die woordjie agnost in jou "deel - l" hierbo.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top