Dan die argument van Gericke oor die polimorfiese projeksie en die bewering dat God te menslik voorkom om God te wees en selfs in verskeie opsigte, kwansuis feilbaar en nie-Goddelik voordoen.
Gericke meen dat die sogenaamde ultra historiese bewuswording van die hedendaagse mens, ’n probleem skep vir die ‘aanhangers’ (dit sal nou die groot massa mense wees) van die ontologiese (wysbegeerte rondom) ‘status’ van God soos in en uit die Ou Testamentiese Woord, blyk. Hy reken dat, sodra die mens se oë ‘open’ betreffende die antropomorfiese-, sosiomorfiese- en sigomorfiese aspekte rondom God soos geopenbaar, God in die Ou Testament al te menslik en histories tipies van antieke volkere uit die Ystertydperk voorkom om geloofwaardig God te wees.
Dit is verbysterend dat Gericke hierdie stellings maak. Hoe kortsigtig kán die agnostikus tog wees?
Verbasende houding, aangesien hy wat Gericke is nie ’n ander God-model het, waaraan hy die ware God van die Ou Testament, kan ‘meet’ nie. Dus, hy gebruik sommer afvallige mense, soos hyself, se gekunstelde, ongefundeerde ‘standaarde’ om die énigste Godheid aan te probeer meet. Die punt is, Gericke het geen alternatiewe Goddelike maatstaf wat aanvaarbaar is, nie (daar bestaan gewoon nie soiets nie) en kom sy (en ander soos hy) opinies op blote ongefundeerde spekulasie neer. Dit is nie filosofie nie, want die ‘maatstaf’ wat hy aanwend, is by gebrek aan ’n reële alternatiewe model, geheel en al kunsmatig, gedwonge en onnatuurlik en fiktief. Hy meet dus die werklikheid aan sy eie geskepte ooglopende fiktiewe maatstawwe. Dit is mos absoluut onhoudbaar en onaanneemlik – om van dodelik lasterlik (dit is die lewende God met Wie hy só deel), nie eens te praat, nie.
Verder verbasend, het die ‘teoloog’ Gericke skynbaar vergeet – God het juis die mens na SY beeld geskape (Genesis 1:26-28; 9:6; Psalm 100:3; Prediker 7:29; sien ook Efesiërs 4:24 en Jakobus 3:8-9 vir breër toeligting) en derhalwe is dit immers te wagte daar báie in volwaardige menswees (sans sonde) wat na God se sin sál wees. God is immers tevrede met SY skepping (Genesis 1:31; Psalm 104:24; 1 Timoteus 4:4). Dit is dus nie God wat soos die mens is, nie, maar inderdaad die oorspronklike mens (sans sonde) wat talle ooreenstemmende kenmerke met God, deel omdat God die mens juis só geskape, het. Veral die regverdige mens se siening en oortuigings betreffende evangelie, moraliteit en die ontstaan van dinge, soos in die Ou Testament uiteengesit en vandag nog toegepas. Hiermee val Gericke se argument gewoon plat. Daarom is dit ook logies dat baie van God se openbaring aan die mens wat HY geskape het, geredelik met die goeie, Goddelike kant van menswees geïdentifiseer sál word. Hierdie aspek breek finaal die rug van Gericke se sinnelose, onlogiese en boonop onskriftuurlike argument.
Wat die kwessie van beweerde feilbaarheid en nie-Goddelike aspekte in die Ou Testamentiese Woord aanbetref, is dit maar bloot onbegrip en onkunde aan Gericke se kant. God laat eventueel alles volgens SY plan verloop, ook die oënskynlik feilbare (Jesaja 14:24; 25:1; 46:10; Psalm 33:11; Spreuke 19:21; 21:30; sien ook Handelinge 5:39; Hebreërs 6:17; Efesiërs 1:11). Wat dus die mens laat faal, laat God triomfeer volgens SY Raadsplan. As die mens faal, word die Goddelike doel selfs dáármee gedien.
Gericke verstaan ook egter nie die idioom van die Woord nie. As daar, byvoorbeeld, deur die Psalmis geskrywe word dat God moet wakker word en ontwaak, beteken dit nie dat God werklik slaap nie, maar dat die Psalmis in sy onbegrip angstig raak oor God se veronderstelde talming om in te gryp in sy nood, soos hy dit beleef en dus ’n oproep doen op God om onmiddellik aandag te gee. Psalm 35:23 demonstreer hierdie aspek baie duidelik. Só is daar talle ander voorbeelde van sogenaamde beweerde menslike ‘swakheid’ en gedrag wat weens onbegrip van agnostici, nie in die korrekte perspektief daarvan gesien word, nie.
Ook hierdie argumente van Gericke faal ooglopend.
Vervolg …
Kobus de Klerk


Kommentaar
Hierdie cherry-pick-argument van Kobus mis ook sy doel. Weereens, ’n kort opsomming van JW Gericke se argument. Die belangrike is om die toepaslike hoofstuk af te laai en die argument in geheel te lees. Dit sal vinnig duidelik raak dat Kobus ’n bosvuur met ’n snotdoek probeer doodslaan:
The third argument against the existence of Yahweh – the argument from polymorphic projection – will be discussed in Chapter 4. With the same basic format as the previous chapters, this chapter intends to demonstrate why the presence of anthropomorphism, sociomorphism and psychomorphism in the discourse depicting Yahweh is immensely problematic for realism in Old Testament theology. It will be argued that the main dilemma is not, as some scholars suggest, that it was merely a case of Israel’s views of the world, history and morality being imperfect and limited. Rather, the essence of the dilemma for realism in biblical theism is shown to be the fact that the god Yahweh himself subscribes to a world-view demonstrably based on all-too-human projection. By demonstrating that the deity’s own relation to and beliefs about the world, the events of history and normative morality never transcend the culturally and historically relative superstitions of his speechwriters, it is possible to expose the deity Yahweh as a creation of humans, rather than vice-versa.
http://upetd.up.ac.za/thesis/available/etd-03192004-135203/
Dit sal miskien help as jy weer lees wat ek geskrywe het, Chris.
Kom ek maak dit nog duideliker – die mens is deur God na SY Beeld geskape. Daarom sal die sin vir geregtigheid, ongeregtigheid, benaderingswyses en morele waardes in hul ongekorrupteerde formaat wat deur die mens ge-eggo word weliswaar vir God aanvaarbaar wees. Daarom sal dit ook so in die Woord blyk.
Is dit dan self in die eenvoudige konsep, vir julle agnostici onverstaanbaar? Nou is dit te wagte van agnostici soos Gericke en jy self dat julle sal sê God bestaan nie want HY openbaar Homself te veel soos die mens, as wat dit die ongekorrupteerde mens is wat die Goddelike waardes, wat deel van die mens se bestaanspakket vanaf God is, eggo. Laasgenoemde is duidelik die korrekte.
Die oomblik as jy hierdie absolute eenvoudige konsep kan begryp, begryp jy die snert wat Gericke kwytraak, want hy soek ’n God-figuur wat geheel en al geen raakvlakke met SY skepsels, die mense, het, nie en totaal van sy geskapenes verwyderd, is. Dit sou jy net kon kry as God nie die mens na SY Beeld geskape het, nie. Maar dit is mos nie hoe dit is, nie en die Woord maak dit baie duidelik, asook die ervaring van gelowiges in hul verhouding met God die HERE
Julle begryp waarlik niks. Vir die soveelste keer – dit is mos darem ook juis waarom julle geringe klompie agnostici is ... omdat julle nie begryp nie, presies nes die Woord van God, van YHWH, dit aandui:
" En Hy sê vir hulle: Aan julle is dit gegee om die verborgenheid van die koninkryk van God te ken, maar vir hulle wat buite is, kom alles deur gelykenisse, 12 sodat hulle kan kyk en kyk, en nie sien nie; en hoor en hoor, en nie verstaan nie, dat hulle hul nie miskien bekeer en die sondes hulle vergewe word nie.
13 En Hy sê vir hulle: Begryp julle nie hierdie gelykenis nie? En hoe sal julle al die gelykenisse verstaan? 14 Die saaier saai die Woord.
15 En dit is hulle wat langs die pad is—waar die Woord gesaai word, maar sodra hulle dit gehoor het, kom die satan dadelik en neem die woord weg wat in hulle harte gesaai is.
16 Net so ook is hulle by wie op rotsagtige plekke gesaai word—wat, as hulle die Woord hoor, dit dadelik met blydskap aanneem (lees: Gericke),
17 maar geen wortel in hulleself het nie; hulle is net vir ’n tyd (lees: Gericke). Later as daar verdrukking of vervolging kom ter wille van die Woord, struikel hulle dadelik.
18 En hulle by wie in die dorings gesaai word (lees: Gericke en jy self en Claassen, ens.) —dit is hulle wat die Woord hoor,
19 en die sorge van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom en die begeerlikhede in verband met die ander dinge kom in en verstik die Woord, en dit word onvrugbaar.
20 En dit is hulle by wie in die goeie grond gesaai is (lees: massa ware gelowiges in verskillende stadia van geloofsgroei) —hulle wat die Woord hoor en aanneem en vrugte dra: een dertig- en een sestig- en een honderdvoudig." – Markus 4.
Beter kan geeneen jul kwaal met verstommende onbegrip, verduidelik as juis die Woord (alreeds meer as 2 000 jaar gelede), nie.
Kobus de Klerk