J W Gericke oor God - Deel 2 - Teologiese onortodoksie

  • 8

J W Gericke maak die verstommende bewering dat God in sy voorstelling in die Ou-Testamentiese Woord, onortodoks, is. Gericke is dus weer by sy gefaalde profiel konstruk. Hy noem sewe hoofkenmerke van God soos hy meen, dit uit die Ou Testamentiese Woord blyk, naamlik dat God ewig, Enig, onsigbaar, almagtig, alwetend, alomteenwoordig en goedertieren, is. Hy meen dat die Ou Testament teenstrydighede met dié profiel van God is en omdat dit nie by die profiel inpas nie, is God nie werklik, nie.

Gericke mis egter (opsetlik?) die mees belangrike Ou Testamenties geopenbaarde kenmerke van die geopenbaarde God, naamlik:-

Regverdigheid en geregtigheid (Deuteronomium 32:4; Psalm 4:2; 11:7; 33:5; 45:6-7; 145:17; Job 37:23; Daniël 4:37; Sefanja 3:5; Openbaring 15:3; 16:5, 7). Dit beteken noodwendig dat álles wat God in die volle uiteenlopendheid van tyd tot tyd in omstandigheid na omstandigheid doen en vermag, vanuit SY oorhoofse Goddelike oogpunt en Raadsplan soos vervat in die Goddelike Boek van Waarheid (Daniël 10:21; ?Psalm 139:16), regverdig, standvastig, ordelik, in orde en in plek, is. Geen mens het nou insae daarin nie en derhalwe is dit onmoontlik en lasterlik om God se optrede en handelinge te wil oordeel of enige kritiek daaroor uit te spreek, want dit word gedoen uit onkunde en insigloosheid; Genade en liefdevolheid (Eksodus 34:6; Numeri 14:18; Deuteronomium 4:31; Nehemia 9:17; Psalm 107:20; Joël 2:13 en sien ook Romeine 6:23) en welke deur die ganse koms, opofferinge en Evangelie van Jesus Christus die HERE verwesentlik word (alreeds in die Ou Testament geopenbaar – Genesis 3:15; 49:10; Psalm 2:7; 110:1; Jesaja 7:14; 9:6–7; Miga 5:2; Openbaring 1:8, 18; 17:14; 19:16; 21:5–6);God se optrede en handelinge pas dus in SY Raadsplan in, en is derhalwe ook oor die oorhoofse spektrum gesien, in alle opsigte perfek genadig en liefdevol. Die mens weet gans te min van genade en liefde om die perfekte Genade en Liefde van God te kan oordeel;Volmaaktheid (Genesis 17:1; Levitikus 11:44; 19:2 en sien ook Mattheus 5:48). God se optrede en handelinge van tyd tot tyd en situasie na situasie, is dus, in die oorhoofse perspektief van SY Raadsplan gesien, altyd volkome en volmaak in alle opsigte.

Dit is juis hiérdie kenmerke wat duidelik uitstaan omtrent God se openbaring omtrent Homself en daarby en daardeur, kan ál God se geopenbaarde handelinge en werkswyse en benaderingswyse, volkome verklaar en versoen word.

Die verder punt is ook dat die Ou Testament alreeds te kenne gee dat werklike kennis en insig omtrent die Godheid en die Goddelike Raadsplan alleenlik vanaf God Self, bekom kan word (Psalm 36:9 gm 1 Petrus 2:9; Jeremia 2:13; 33:3 gm Johannes 4:10, 14 en Mattheus 11:27).

Dus, dit is klaarblyklik dat Gericke nié hierdie werkswyse gevolg het, nie, want hy gebruik die Ou Testament as gesagsbron, maar gaan baie selektief en buite konteks te werk en ignoreer, weens sy vooropgestelde agnostiese agenda en vooroordeel, die belangrikste aspekte wat daar geopenbaar word, welke sy vooropgestelde agenda tot in die uiters wankelrige fondamente daarvan vernietig. Hy ignoreer die vermelde geopenbaarde kenmerke van die Goddelikheid welke alles wat God doen, in perfekte perspektief en orde stel, geheel en al te versoen met die geopenbaarde Goddelike hoedanighede, maar ploeter voort met sorgvuldig geselekteerde aspekte wat hy dan futiel poog om teen mekaar af te speel om sy agnostiese agenda te probeer dien, daarmee.

Gericke maak ook die verdere insiglose en onkundige oordeelsfout om te verwag dat die menslike ortodokse religieuse filosofie – al is dit nou heeltemal deur hom verdun en afgewater totdat daar geen dinamika meer in oorbly, nie - onder die vaandel van die Christelike Godsdiens wat hy daaraan wil koppel, God moet tipeer en beheer en as dit nie kan nie, dan is dit kwansuis taboe met God in die Ou Testament.

Maar die werklikheid is dat God die kerk moet beïnvloed en nie andersom, nie. Na alles, die verstommende eenvoudige punt is dít – dit is nie die kerk wat God geskep het nie, maar die kerk is maar die Godsdienstige manier hoe die mens, wat deur God geskep is, homself organiseer om tot God te nader in ’n georganiseerde, kollektiewe program volgens die beginsel dat daar groot krag in kollektiewe (gemeentelike) aanbidding lê.

Dus, waar die kerklike ortodoksie nie die paal haal nie en nie te versoen is met die Beeld van God (Kolossense 1:15; 2 Korinthiërs 4:3-4), nie, is dit die kerk wat moet verander en nié die God, nie – só logies. Gericke is dus die kluts kwyt, hier. Dit is mos immers soos daar geskrywe staan, dat, as ons Evangelie dan nog bedek is, is dit bedek in die wat verlore gaan, naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld (die bedrieglike satan) die begripsvermoë en verstand verblind het, sodat die verligting van die Evangelie van die heerlikheid van Jesus Christus die HERE, Wie die beeld van God is, op hulle nie sou skyn, nie (2 Korinthiërs 4:3-4).

Gericke het hom dus ook hier onderskei as bevooroordeelde agnostikus wat met ’n vooropgestelde agenda vir God tot niet probeer ‘verklaar’ en uiteraard sonder énige  aansluiting in die Ou Testament of elders in die Bybel.

Vervolg …

Kobus de Klerk

  • 8

Kommentaar

  • Kobus

    Baie insiggewend dat JW Gericke ’n doktorsgraad vir sy studie verwerf het en jy en jou juigkommando kom nie verder as ’n paar ekstrimistiese briefies op LitNet nie. Wanneer sit jy nou eendag jou geld waar jou groot mond is en skud die ganse wêreld wakker deur jou wensdenkery met behoorlike navorsing en bewyse te konfronteer.

    Totdat jy iets tasbaars kan lewer bly jy maar KdK (Kosie die Kabouter) van Kammaland.

    Groetnis
    Thomas

  • CorneliusHenn

    Kobus de Klerk ("Dolf") – gesiglose godsdiensboef (boewe) in sy (hul) eie gekke paradys – soos ook nogmaals bewys in al die snert wat hierbo geKdK word.  

    Elders hak "Dolf" met die volgende aan ’n belangstellende uit: "Brianvds, as erkende agnostikus en “kennislose” oor sake Gods, probeer in die toekoms jouself asseblief daarvan weerhou om enige kommentaar, van watter aard ookal, te lewer wanneer dié spesifieke onderwerp bespreek word – jy stel net jou wêreldse dwaasheid ten toon. Hoe dan anders? – jy erken jou eie gebrek aan kennis en begrip oor sake Gods (dié dat jy verwys na gode – hoe amusant – jy het regtig nie ’n “clue" nie!). Verder is jy absoluut korrek – daar is beslis níks om te kritiseer of te debateer (sic) met jou nie! – jy is net eenvoudig insigloos. Hou dus in die toekoms net verby, so maklik soos dit!"  

    Hel, hoe arrogant kan die "kundiges oor sake Gods" raak? Hoe "kundig oor sake Gods"  is die ou grote (soos Kobus de Klerk graag na homself verwys) as dit kom by sy opskrif hierby?

    Laat my asseblief toe om myself dan ook te herhaal: Jy weet wat Kobus ("Dolf"), als wat gesê kon word omtrent jou anderhaat is al gesê op die werf. Ongelukkig kry jy aanmekaar die aandag waarop jy so teer. Hoeveel maal het belangstellendes en ander bydraers jou al gewaarsku en vir hulself ’n afstand geskep weg van jou patologiese haat? Jou omstrede wrewel teenoor almal wat jou nie eer nie spu egter ongestoord voort. Ek kon ook nie anders as om vanaand met hartseer aan jou fundamentele gelyke – die ware gelowiges – se onskuldige slagoffer Malala Yousafzai dink nie ... dan is daar ook nog die rolstoel boef onlangs wat sy eie dogter met die Woord glo nes jy in pag vir jare lank verkrag het – selfs lobola op grond van sy spirituele intelligensie uit die Ou Testament aan homself geregverdig het. Ja, en net so ontkom ander wat ou helse gedweep afkeur se onskuldige geliefdes ook nie jou toorn nie. Waar gaan dit eindig?  

    Ek nooi enige belangstellende om die dapper hart van die veertienjarige Malala Yousafzai self te Google. As ’n dogtertjie bereid is om teen die ware gelowige Taliban op te staan, wat makeer my as ek wil moeg word om te antwoord op die anderhaat van ons werf se ware gelowige "Dolf" (Kobus de Klerk).  

    Mag Jesus Christus onse HERE ons verlos van hierdie gesiglose "Dolf" en Kobus de Klerk in hul ware anderhaat.  

    Cornelius

  • Chris Dippenaar

    Thomas, ons weet nou waarmee kobus homself besig gehou het. Die enigste manier hoe hy JW Gericke se tesis kan aanval is deur die opstel van ’n strooiman. Weereens stel hy die oneerlikheid van die fundementalis ten toon. Hy sal enige iets doen om die kar aan jou te verkoop.

    Toets self Kobus se nonsens:

    "In Chapter 3, the argument from unorthodox theology is presented. Here the focus will be on how realism in the Old Testament’s depictions of Yahweh is apparently deconstructed by orthodox Christian philosophical theology. The argument of this chapter is that, if there is only one God and this God conforms to the profile constructed by stereotypical Christian philosophical theology, Yahweh as depicted in the text must be a character of fiction. As long as the real God [of orthodox Christianity] is conceived of as being eternal, single, omnipotent, omniscient, omnipresent and omnibenevolent, the deity Yahweh who is often depicted as not exhibiting any of these attributes obviously has no extra-textual counterpart. The bottom line is that, if "God" exists, Yahweh doesn’t" (p.27)

    http://upetd.up.ac.za/thesis/available/etd-03192004-135203/

     

  • Pieter Redelinghuys

    Kubus, 

    de Klerk het hom dus ook hier onderskei as bevooroordeelde propagandis vir ’n ou testamentiese god wat met ’n vooropgestelde aganda vir Jahweh "verklaar", uiteraard sonder énige aansluiting in universiële aanvaarbare norme van ondersoek.

    Groetenis

    Pieter Redelinghuys

  • Kobus de Klerk

    Baie swak reaksie van jou, Thomas. Ek wonder of jy kan besef hoe nutteloos jou reaksies is.

  • CorneliusHenn

    Vir enigeen wat dalk sou wonder hoekom Kobus de Klerk se blerts hierbo van sy opskrif af ondertoe uitrafel, verduidelik ek graag as volg:  

    Kobus se opskrif lees: "J W Gericke oor God – Deel 2 – Teologiese onortodoksie". Daar bestaan egter eenvoudig nie ’n woord soos "onortodoksie" nie. Maar as Kobus de Klerk met sulke onsin vorendag kom dan sal dit so wees. 

    Kobus het ongetwyfeld belediging in sy self geskepte woord "onortodoksie" ten doel. In eenvoudige taal lees Kobus se belediging dalk "J W Gericke oor God – Deel 2 – Godgeleerde kettery". Die groot woord wat Kobus dus probeer uitpers met sy eie "onortodoksie" kan daarom die woord "heterodoksie" wees.  

    Die woord "heterodoksie" het eintlik ’n baie algemene Germaanse etimologie. Hoekom sal iemand hulself so wil verkrag met ’n self geskepte woord soos "onortodoksie"?  

    Maar nou ja, wat kan ’n mens van ’n patologiese hater soos Kobus de Klerk verwag?

    Al die jare se lering om die verskil tussen iets so eenvoudig soos agnost en ateïs, mites en leuens ensovoorts aan hom te verduidelik traak steeds geen duit nie.  

    Die lys van Kobus de Klerk se infernale spirituele intelligente woordeskat is lank.

    Ja, wie wil hulself nog met sulke onsin bemoei?  

    ’n Ketter is iemand wat van algemeen geldende opvattings afwyk. Wie kan dus ’n groter ketter as onse eie ou grote Kobus in sy jare lange omstrede en staande sensasie op die werf wees?  

    Cornelius

  • Speel die man Kobus, speel die man. Dis al hoe jy enige gevoel gaan kry dat jy iets bereik.

    Hoekom is jy so intens bang om jou idees aan wyer skrutinering as die Sê te onderwerp?

    Thomas

  • Kobus de Klerk

    Chris,

    Jou aanhaling beteken vir jou argument hoegenaamd niks. Dit is juis Gericke se argument wat deur wat in my artikel hierbo aangebied word, gedekonstrueer word, maar nié die unieke Beeld van God, nie.

    Die ironie is dat Gericke die ware Christelike dogma probeer isoleer van die Ou Testamentiese Woord , terwyl dit juis die Ou Testamentiese Woord is wat die getuienis is van hoe God Homself bekendstel en is die Christelike dogma juis daarop gefundeer.

    Geeneen van die voorbeelde van Gericke genoem in sy hoofstuk 3, dui daarop dat God, soos in die Ou Testament bekendgestel, nié aan die geopenbaarde kenmerke (eternal, single, omnipotent, omniscient, omnipresent and omnibenevolent) beantwoord, nie.

    Die waarheid is eerder dat Gericke (nes jy en sy ander agnostiese sielsgenote) nie verstaan wat hulle lees, nie. Daaraan is ons al só gewoond. Onthou, as julle wél kon verstaan, sou julle gelowiges wees … hoeveel keer gaan julle dit nog demonstreer?

    Om baie kortliks saam te vat, net weer die uitwysing waar die Ou-Testamentiese Woord die hoedanighede van God openbaar.

    God sê:

    Ewigheid – Genesis 21:33; Psalm 10:16; 90:2; 1 Konings 8:27; Jesaja 40:8.

    Enigheid – Deuteronomium 6:4; 2 Kronieke 15:2. Waar die agnostikus veral hier sukkel, is om te begryp wat aangaan, want reeds in die Ou-Testamentiese Woord word die Drie-Eenheid van God al openbaar deur verwysings na “Ons” en “HERE van my HERE”, ens.

    Almagtigheid – Genesis 28:3; 35:11; Eksodus 6:2. Hier sukkel die agnostikus ook, want hy verstaan nie God se stelsel van geregtigheid op aarde – die stelsel van persoonlike verantwoordelikheid in die uitoefening van ’n vrye keuse, naamlik die stelsel van oorsaak en gevolg gekoppel met die Goddelike onpartydigheid (Deuteronomium 10:17; 2 Kronieke 19:7; Handelinge 10:34; Romeine 2:11; Galasiërs 2:6; Efesiërs 6:9), nie.

    Alwetendheid – Psalm 147:5; Jesaja 40:28. Hierdie Goddelike kenmerk is ook heeltemal bo die agnostikus se vuurmaakplek en kan hy dit net eenvoudig nie begryp, nie. Dit beteken dat daar is géén situasie wat kan ontstaan wat God se Raadsplan kan ontspoor, nie. God het dus raad met absoluut alle omstandighede en situasies sal dit oplos binne die bestek en doel van SY Raadsplan. Tewens, God is só alwetend dat HY reeds al in SY Woord die gemors wat ons duisende jare later in die hedendaagse lewe ervaar, van natuurrampe tot oorloë en gerugte oorloë regdeur tot die uiters lasterlike, arrogante optrede van sommige ateïstiese agnostici, bekend gemaak het – sien maar gerus in hierdie verband weer die Bergpredikasie van die HERE Jesus Christus en SY Openbaring.

    Alomteenwoordigheid – Psalm 139:7-21. Dit geskied deur God se Heilige Gees en SY dienaars, die Engele.

    Goedertierenheid en barmhartigheid – Eksodus 34:6-7; Jona 2:8; Psalm 78:38; 103:8. Hier sukkel die agnostikus ook om te begryp wat aangaan, want God se goedertierenheid en barmhartigheid bewys HY nie teenoor sonde, nie. Sonde is Spirituele misdaad. Geen regdenkende mens doen voorspraak vir misdadigheid nie – dit op sigself is misdaad. Maar ons sal vind dat die ateïstiese agnostikus graag voorspraak maak vir Spirituele misdadigheid en dit selfs graag pleeg. Sulke tipe agnostici is dus Spirituele gewoontemisdadigers en dit is húlle wat sal voorspraak maak daarvoor.

    Dan is daar natuurlik die nypende onkunde en insigloosheid van die agnostikus betreffende die beeldspraak en idioom van die Woord wat die agnostikus se dilemma om te verstaan, nog meer beklemtoon. Hulle probleme hier, is legio.

    Kobus de Klerk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top