J W Gericke as agnostiese dienaar van die betroubaarheid van Gods Woord – deel 2

  • 1

Die mens is dus die skepping van God en nié andersom nie. Maar hoe kom die agnostikus Gericke dan uit by sy uiters lasterlike ‘uitspraak’ dat God (by Name, soos in die Ou Testament geopenbaar) nie werklikheid is, nie? Dit is omdat hy die beperkte openbaring omtrent God deur God en die volheid en heerlikheid van God probeer reduseer tot iets wat binne sy eie gebroke, onvolkome, ontoereikende onkundige  menslike konstrukte probeer inforseer en dán is die resultaat dáárvan iets wat nie God is nie, maar ’n versinsel. God se openbaring van Homself in die Woord is uiters karig - gesien in die onbeperkte volheid en heerlikheid van God - en is by wyse van die Woord op ’n noodsaaklik-om-te-weet basis aan die mens gedoen en word verder aangevul deur getuienis uit die natuur (Romeine 1:18-20).

Hierdie aspek alleen behoort vir Gericke te sê dat hy praat waarvan hy nie weet, nie. Gericke laat doelbewus die ganse natuurlike getuienis omtrent God buite rekening. Die werklikheid omtrent God, soos in die Woord saam met die natuur geopenbaar, word nou as ‘onwerklikheid’ verklaar deur ’n agnostikus aan die hand van ’n wispelturige, insiglose filosofie. Dit is mos allerweë onaanvaarbaar, wetenskaplik, óók. Gericke meen dat as hý God nie kan verklaar nie, bestaan God (vir hom) nie. Hy neem dus daardie versinsel wat hy nou van God probeer maak het en sê God (soos God Homself báie kripties in die Ou Testament openbaar), bestaan, nie.  Hy moes onmiddellik geweet het dat, aangesien hy met God en met God se Eie openbaringe omtrent Homself  te make het, dat daar báie, báie, is, wat God omtrent Homself nóg nie aan die mens openbaar het, nie (1 Korinthiërs 13:12-13 gm Jeremia 33:3). Daarbenewens het hy, weens sy agnostiese beterweterigheid en doelbewuste weersin en vooroordeel, ook geen essensiële Goddelike bystand met insig, nie (Mattheus 11:25-27). Maar dié werklikheid pas mos nie sy agnostiese uitkyk, nie en hoewel relevant en vernietigend vir sy argumente, word dit gewoon geïgnoreer óf hy het nie die basiese insig daartoe, nie. Hy wíl ’n agnostikus wees en ís dit nou inderdaad. Die vrye wil … maar met reperkussies.

’n Verdere fatale mistasting in die benadering van Gericke is dat hy God ‘beoordeel’ (lasterlike en vermetel, ja) aan die hand van, soos hy dit stel, die ontologiese (wysgerige) ‘status’ van God (by Name) in die Ou-Testamentiese Heilige geskrifte en wend die religieuse filosofie aan as aanvullende dissipline binne die raamwerk van Ou-Testamentiese studies om by sy gewraakte gevolgtrekking uit te kom – presies soos die Woord openbaar, diegene sal doen (Romeine 1:21-23). Die almagtige God word dus ‘beoordeel’ en ‘onderwerp’ aan die wispelturige, wisselende, ontoereikende en onvoltooide religieuse filosofie – die  begrip ‘filosofie’ self, is al aanduiding van dié wankelrige grond want dié begrip beteken juis die geheel van opvattinge ivm die religie as ’n bepaalde gebied of onderwerp van kennis – welke kennis uiters karig is en boonop ’n warboel op sy beste. Dus, God moet deur Gericke se wysgeëry gereduseer word tot ’n karikatuur wat iewers in die warboel van die breë religieuse filosofie ingeboender kan word en as dit nie pas, nie, is God kwansuis nie bestaande … dit is dan die klaaglik mislukte kruks van Gericke se poging. ’n Mens (in sy mees verwaande verval) beoordeel hier die status van God, asof hý God is (werkswyse wat perfek aansluit by Romeine 1:18-23) en nie andersom, nie. Dus, God bestaan vir daardie soekende mens in sy beperkte kennisveld gewoon tot die mate wat die betrokke mens, Gericke in hierdie geval, vir God kan begryp aan die hand van ’n paar wankelrige mensgemaakte riglyne en die karige inligting wat wél omtrent God bekend, is, maar gans te min om iets sinvol daarmee te verrig in die beoordeling van die heerlikheid en volheid van die Drie-enige Godheid.

G’n wonder nie, dat Chris as ateïstiese agnostikus en die ander van hulle só aanklank vind by sy sielsgenoot, agnostikus Gericke, se insiglose druil, nie, want hulle benader die saak op gelyke voet – uit absolute onkunde en weens totale gebrek aan verbintenis met God.

En om te dink soiets word as doktorale proefskrif opgedis en aanvaar? Wat word van ons universiteite se standaarde?

vervolg

Kobus de Klerk

  • 1

Kommentaar

  • Pieter Redelinghuys

    Blaa - blaa - blaa - blaa, blaa - blaa- blaa!

    Blaaaa- Blaaaa- Blaaa- Blaaa-!

    Pieter Redelinghuys

    Ps. Dankie vir jou kommentaar. Dit was heerlik vir ’n lag! Gee ons nog meer!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top