J en sy kombi

  • 0

Ek wil nie die man se naam noem nie want dalk herken iemand hom en gee sy game weg.

Ek het annerdag, so al drinkende, by J se huis opgeëindig. Want ons het heelwat in gemeen en is op pad om vrinne te word. Ons het hout onder andere in gemeen en ek moes kom kyk na sy huis omdat ek ook mos maar lieg is om omring te word deur hout en regte houtmebeuls en vloere en soortgelyke goed. J is ’n bakker van beroep. Of nee. J maak geld uit bak uit. Want hy wou eintlik, soos meeste van ons, iets meer romanties doen soos om maagde te red uit die kloue van wrede ontvoerders ...

Ek bekyk J se kasteel en ek beny die hout en dat die tyd so min is om die stapels hout te verwerk tot iets beters. On speel poel en snoeker en drink en ek probeer sy Asterixboeke koop en ons kom nie ooreen oor ’n behoorlike prys nie want hy willie verkoop nie en ek weet wat ’n eerste uitgawe Asterix vir my werd is en ek probeer hom dronk genoeg maak dat hy kan instem en al wat hy doen is om my uit te lok om sy Swazi te probeer en toe loop die gesprek heeltemal in ’n ander rigting.

Ek beduie oor die woonstel by die punt op die see wat ek nie wil in nie want ek wil nie op my werk uitkyk nie en ek soek huurders en ek’s gatvol vir vensters skoonmaak vir ’n plek wat onbewoon staan terwyl die mense in Gauteng hulle voortanne sal gee om op die see uit te kyk. Stel hy nie dalk belang om my plekkie te huur nie want die mark is te kak om nou te verkoop en dis uiteindelik tog ’n goeie belegging want daar swerf deesdae nare goed rond wat enigiets met hul bietjie geld sal doen. "A fool and his money are easily parted with" eggo die ou aanhaling in my agterkop.

Nee, beduie J vir my: "Ek’t ’n kombi" en eers toe hy beduie toe verstaan ek: Want sien, J het die beste scheme ooit: As hy en mammie wil weg vir ’n nag se pret of ’n naweek se wegbreek klim hulle in hul ou Kombi. Jy weet, die outydse soort waar die verstand nog in die gat gesit het, nie hierdie nuwe goete met die designer enjins en lugreëling en derglike goeters nie. Gordyne en ’n bed en wel, mens het mos nie veel meer nodig nie, het mens? J beduie dat hy dan maar ry tot die drank beginne trek of tot mammie gatvol raak en dan vat hy die afrit en hulle loop kamp: Trek die Kombi in ’n erf in waar daar geen ligte is nie en loop soek vir ’n kraan vir koue water vir die dop.

J sê hy het al een of twee keer kak opgetel by die eienaar van die huis en dan maar bloot "getrek" na die volgende huis wat verlate lyk nadat hy baie erg om verskoning gevra het. Hy sê dat in meeste gevalle waar hy wel so ongenooid loop plak het hy later groot vrinne geraak het met die eienaars tot die punt waar hy nou meer uitnodigings as uitskoppe het. Beduie dat daar geen manier is waar hy R300 per nag gaan betaal bloot om te doen wat hy in elk geval in sy eie huis kon doen nie.

Ek dink die man het ’n punt beet.

oester

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top