eish, groot issie pyn, ultra-ekstra kakhulu,
voel’t so immy gebeentes, immy identiteit,
Xhosa-etimoloë konstateer, dís apartheid,
amptelik gebruik, in isiXhosa, van “isiBhulu”
al is sy taai, ‘n gedugte moedertaal,
issit nogal hartseer, haar eie verhaal,
ideoloë Kreool so as verdeler benut’t,
meerderheidswil probeer onderdruk’t
mag heerser nie spreker se verset belet,
pejoratief’s mos illegitiem, volgens Wet,
al wil benadeelde bevoordeelde terugkry
sou regime’t tog maar net wou verstaan,
ontkenningsonkunde’s aanstons verslaan,
via isiAfrikaans, anner Afrika-tale ook vry
Jacobus Faasen

