“you ANC nothing yet”, ‘s noggie “uhuru”,
Sello Malema wil mos eers uitwis, “isiBhulu”,
“taal van Boer”, soos toe opgeteken, in 1976,
naam wat geld vir Afrikaans, ons moedertaal,
terwyl Joemat, Van Schalkwyk, Nel, mensig,
mede-Afrikaanses oor superboerse “Boersheid”,
aan aaklig etiket, Verwoerd se ultra-apartheid,
kopknikkend net als b’aam, in hul ampt’lik taal,
“op gelyke status geregtig, nes elk vannie anner”
rolmodel-taal, slaaf en Khoisan se eie kreools,
‘t ewolusionêr, stap vir stap, heerser se Hollands,
meester se taal onttroon, lat baas moes verklaar,
“Dis my taal, kerktaal, skryftaal, werktaal,
kom-haal-taal, liefdestaal, slaaf-inwy-taal,
apartheidstaal, NG-Kerk-taal, Broer-taal,
taalmonument-taal, Nederduijtsch, eish
taal van verskillende stamme, geure, kleure,
grens-opheffend, nimmer diskriminerend,
nie-rassisties, nie-klassisties, Afrikaans,
nie naastenby net “Boer”, rassis, s’n,
oppie tong vannie meerderheid,
van allie Afrikaanses, kreole
inboorling-, slaaf-nasate,
inkommers, nakommers,
afkomstiges, bronstiges,
mede-burgers, gelykes,
beswadder, verneder,
deur ANC tot “kwerekwere”,
verlaag, ver-“Boer”, verhoer,
van sprekers van “isiBhulu”,
ondanks mooi plooi-pleidooi,
tot linguisties Afrikanisering,
sosiologies Afrika-genesing,
van Afrikaans, moedertaal
Jacobus Faasen

