“isiBhulu” se ma se kaap

  • 0

daar waar Mens na buite toe g’stu worre,
borsvol melk w’t wag, Mens, sonn’r sorre,
v’n kleinsaf, oorlew’ngsles flink assimileer,
selfs leer, hoe Mens onn’rskei, pejorativeer

waar “Kaff’r” vort is, bly “isiBhulu” nou oor,
apartheid’t noggie oorlew’ngstryd v’rloor,
vanuit “Boesmanland”, “Hotnots-Holland”,
tot by “Duiw’lspiek” se heel hoogste rand

party kennie Taalraad, “isiBhulu” nie b’kend,
verstanie, hoekom rede sig na onrede wend,
waar’m struktuurg’weld nie net in skole skuil,
lang WVK-trane al re “Boer”-man’wal’s g’huil

pejoratief se ma se kaap, sy k’n gat slaap,
net Self-d’struksie-swaap wat nog paap

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top