Is wit regtig vry in 'nuwe SA'?

  • 0

Die wit Afrikaanssprekende het na 1994 hul vryheid op verskeie maniere verloor.

Grondwetlike regstelaksie het vir die staatsdiens 'n inkorting vir die wit man gebring, met veral bevordering van 'n sekere klas wit man bv dié in SAP met magsnommers uit die ou SAP. Die vryheid word verder ingekort deur sg organisasies wat die eiendomsreg opeis oor taal, kultuur en tradisies. Laastens is daar die 'orakel akademici' met 'n skynbare 'God gegewe' alleenreg op 'feite' beskryf met populêre politieke konstruksie. So, die reg van 'n witman om homself te plaas as 'n individu in SA, is bitter moeilik en daarom die versugting om 'n grondwetlike Art 235 selfbeskikking, met 'n Art 234 handves van eie regte. Niks sinister nie, want die swart bevolking het nog 'tuislande' waar tradisionele regte geld in moedertaal.

Die Khoi-Khoi het hul eie taal en tradisies weggesmyt en doen dit nou met Afrikaans, ter wille van Engels en anglisering van die witman, wat onderaan politieke lys in SA is. Ek dink dat dit glad nie al die openlike beledigings regverdig, om 'n progressiewe grondwetlike strewe na 'n eie identiteit te hê nie. Vryheid van keuse en assosiasie is tog grondwetlike regte, nes Art 234 en Art 235 ook is. As die progressiewe grondwetlike strewes dan agterlik is, dink ek dat populêre konstruksie van etniese amalgamasie wat ongrondwetlik is, blatant agterlike hormoongedrewe eiekeuse denke bly. Ek sal aanhou balk en kwaak op hierdie trant, solank ander wil voorskryf wat hul dink 'reg' is, maar nêrens in 'n wet as sulks beskryf word nie.

Hans Richardt

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top