In Gauteng gebruik dronkgat vroue hierdie 16 dae van aktivisme om hul mans te “dissiplineer” op rug van wilde politieke toesprake. SA het in ’n vroueregte-ekonomie ontaard, met 1 probleem. Vrydagnag staan hul tou om “gesinsgeweld”-sake oop te maak, die mans word geaarresteer. Maandag staan hul tou by die polisiestasie en hof om die sake terug te trek. Ek as ’n geheelonthouer aan drank het die opmerking, Suid-Afrika is ’n dronkgat-nasie, wat verskonings gebruik om te suip. As jy nie kar het nie, sit jy kaste drank op ’n ou kruiwa, maar suip moet die werklose armste van die armes suip. Tog kan die mediese ongeskikte nie ’n kruiwa stoot as ’n daaglikse werk nie, hy kry dan ’n staatstoelaag. Dis tyd dat iemand begin ernstig dink oor my opmerkings, daar is gelyke regte vir vroue, maar geen gelyke ambagsvroue? Dis ’n geval van gelyke regte om man op sy plek te hou, as dienaar van ’n Amasone-gemeenskap vroue wat kantoor en maatskappy kar soek as baas? Kyk na LitNet bv en die tipe redenasie van vroue hier. Of dis ’n blatante aanval of ’n vermyding van die geldigheid van ’n onderwerp met beledigings en persoonlike aanvalle. Daar is nie ’n model van wat dink “die gewone vrou op straat” nie, want ’n man het nie agtergeblewe vrou in sy biologiese konstruksie nie, wat met hormoon pretpark rit, ’n koue oorlog in die gemoed voer nie.
Tyd vir vroue om op te hou verbale diarree kry en dan hul ding fisies te doen beter as mans in alle gebiede van die ekonomie en op alle gebiede. Teoreties itv gelyksheidswetgewing, is vroue bv geregtig op gelyke oorweging in nasionale sportspanne van rugby, krieket en sokker ook. Die wetgewing grens aan die absurde dikwels, dit is gemik om met tradisionele geslagsrolle weg te doen. Sonder tradisies en gebruike is mense gewaarborg om in konstante konflik met mekaar te wees.
Hans Richardt
Brief verkort. – Maggie

