Die standpunte wat gereeld hier op die Sê deur, onder andere, Dolf en Kobus de Klerk gehandhaaf word kom kortliks op die volgende neer:
Die ganse moderne wetenskap, meer as 90% van alle wetenskaplikes, 98% van alle lewende bioloë, alle gerekende universiteite se Biologiese wetenskap-departemente, elke gesaghebbende wetenskaplike vaktydskrif en elke erkende wetenskaplike organisasie in die ganse wêreld, is almal verkeerd ten opsigte van die oorsprong van lewe op aarde … maar ’n onopgeleide en onopgevoede stam bokwagters uit die bronstydperk het dit presies reg gehad.
Is sinvolle debatvoering met mense met so ’n lewensuitkyk hoegenaamd moontlik?
Groetnis
Thomas


Kommentaar
Hi Thomas,
Jy sê: “Die ganse moderne wetenskap, meer as 90% van alle wetenskaplikes, 98% van alle lewende bioloë, alle gerekende universiteite se Biologiese wetenskap-departemente, elke gesaghebbende wetenskaplike vaktydskrif en elke erkende wetenskaplike organisasie in die ganse wêreld, is almal verkeerd ten opsigte van die oorsprong van lewe op aarde …..”
Ek sê: “Nou daar’s ‘n bek wat moet Jam kry…”
Sterkte
Dolf
Hahaha... daar het jy dit Thomas! ... (met verwysing na Dolf se woernaal hierbo) ... ek sou egter vir "Wouter Ferns" baie maklik by die Kobus de Klerk's en "Dolfs" insluit ... (en o ja, die woordjie "woernaal" kom juis na aanleiding van Kobus de Klerk en "Dolf", se gewilde woer-woer speel in plaas van redevoer in hul onthutste kommentare)
"Is sinvolle debatvoering met mense met so ’n lewensuitkyk hoegenaamd moontlik?"
Dolf
Baie dankie vir jou antwoord - dit bevestig my hipotese volledig.
Thomas
Amen Thomas.
Hello Cornelius,
Hehehe... Wouter, dankie vir jou woernaaltjie hierbo ... behalwe vir die feit dat jy gereeld vir Kobus de Klerk en sy "Dolf" so klakkeloos napraat, jy my voorstel dat jy saam op hul lysie gevoeg behoort te word, as grondig bevestig het!
Hi Thomas, Brianvds en Wouter.
Liewe hemel mense, dit is net 'n ou grappie - wel, nietemin, ek het dit amusant gevind en te oordeel aan die reaksie het ek skynbaar 'n paar mense se verkeerde snare getokkel. Ek weet julle het lankal julle geloof verloor (vir die van julle wat gedink het dat julle dit wel op 'n stadium gehad het) maar kyk maar of julle dalk nie ook besig is om jul humor te verloor nie.
Cornelius, ek sien jy het so halfhartige "laggie" probeer, maar ek kon nie vasstel of dit vir my grappie, my, Thomas, Wouter of jouself was nie, siende dat jy onmiddellik daarna weer met jou eie woermaal begin het.
Terloops, Thomas, as jy jou hipotese (raaiskoot) se bewys "volledig" gebasseer het op my humor, spreek dit in werklikheid boekdele van wat jy as "bewyse" sal aanvaar - enigiets solank dit net nie die Waarheid is nie.......of soek jy regtig Jam?
Sterkte
Dolf
Dolf
'n Hipotese in die wetenskap is nie sommer 'n raaiskoot nie. Ek is tans besig met navorsing en ek kan jou verseker dat die hipoteses wat ek geformuleer het in my studie alles behalwe raaiskote is. Hipoteses is die gevolg van baie navorsing (in my geval meer as 3 jaar s’n) en poog om sekere fenomene te verklaar deur die bestaande teorie en voorlopige waarneming, as basis vir die hipoteses te gebruik. Ek is nou in die fase van my studie waar my hipoteses deur middel van kwantitatiewe navorsing getoets word voordat enige gesaghebbende gevolgtrekking gemaak kan word.
In die paradigma waarin jy en KdK opereer bestaan bogenoemde logika glad nie. In julle paradigma formuleer julle hipoteses wat op die insig van bokwagters uit die bronstydperk gebaseer is sonder enige grondige navorsing. Selfs die bevindinge van moderne bybelwetenskaplikes skeel julle blykbaar min. Julle hipoteses is dus in wese rasegte raaiskote. Bewyse van julle hipoteses (raaiskote) deur empiriese navorsing is ook iets waarvan julle voortdurend wegskram met die gevolg dat julle paradigma ‘n kamma wêreld word gebaseer op raaiskote wat julle tot werklikheid wil forseer deur sekere woorde (soos waarheid) met ‘n hoofletter te skryf.
Omdat daar geen empiriese bewyse vir julle raaiskote bestaan nie verwerp die ganse wetenskaplike wêreld dit en is julle verwagting dat mense dit eenvoudig moet glo uiters naïef en self aanmatigend. Deur die woordjie waarheid met ’n hoofletter te skryf maak dit wat julle glo ongelukkig nie waar nie. Om daardie rede is sinvolle debatvoering, met persone met so ’n lewensuitkyk, nie lewensvatbaar nie.
Groetnis
Thomas
Hi Thomas,
Jy mis die punt. My skrywe was juis gerig op jou aanvanklike sogenaamde hipotese (volgens jou) - en ondanks jou opvolg beskrywing van wat jy verstaan onder ‘n hipotese hierbo (én dit nogal probeer kamofleer onder die “wetenskap”) en dies meer, was dít (jou aanvanklike hipotese) niks anders as ‘n eenvoudige en ondeurdenkte raaiskoot nie , waarvoor jy dan ook (soos self erkend) “volledige bevestiging” voor ontvang het deur my oorspronklike humoristiese aanmerking….
Daarinteen kan jy ook nie eens agterkom dat jy besig is om met my debat te voer nie….sinvol of te not….en dat deur dít te gedoen het, jy eintlik sommer self jou aanvanklike “volledige bevestigde” hipotese verkeerd bewys het…amper ‘n kwessie van slim vang sy baas....dan nie?
Sterkte
Dolf
Hello Dolf,
Hi Wouter,
Bly om te sien iemand vang my humor.
Maar op 'n ernstiger noot...jy vra " wat maak die gelowiges met al die kennis in die onderskeie vakgebiede wat in kontradiksie tot julle geloof staan."
Eerstens maak ek die aanname dat jy van ware christelike geloof praat? En dan, watter kennis, in watter vakgebiede, staan in kontradiksie tot my (en christen gelowiges) se geloof?
Sterkte
Dolf
Hello Dolf,