"Is dit oukei met jou?" deur Poem Man

  • 0

Is dit oukei met jou?

Helder sonskyn loop oor tot donker aande
Dae word weke, weke word maande
Liefde groei sterk, onoorwinbaar
’n Vinnige kyk word gou ’n staar
Is dit oukei met jou?

Ek kan nie help, ek raak verlief
Ek kan nie help om te vra “What if?”
Vir my is dit mooi, dis frieken soet
Woorde val in plek, soos dit moet
Is dit oukei met jou?

Ons raak laf, soos twee kinders
Verdwaal in lang gras, soos vlinders
As ek tyd kon stop, vir nou
sou ek dit doen, vir altyd wou onthou
Is dit oukei met jou?

Jou hand in myne, liggies
Gevoelens saamgevat in gediggies
Om aan jou te wys
Jy’s eerste op my lys
Is dit oukei met jou?

Miskien hou ons verewig
Miskien raak als vervelig
Maar tog bly ek hoop
Dat als glad sal verloop
Is dit oukei met jou?

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top