Is die PCS of paracingulate sulkus uitsonderlik of algemeen voorkomend?
Het dit iets te doen met verbeelding?
Soos gewoonlik vertel Angus ’n kluitjie oor dié normale brein sulcus, om sy obsessie rakende geloof, gelowiges en God te probeer voed. Lees sy snert gerus self.
Die waarheid word gevind deur wetenskaplike studie, wat aandui dat die paracingulate sulcus ’n normale verskynsel in die brein by meeste mense is. Dié wat afwykings toon, is juis dié wat ondersoek word vir geestesversteurdheid.
“A significant asymmetry was found in the brains of healthy volunteers, whose sulci were more frequent and more marked in the left hemisphere. In contrast, the sulcus was as frequent in the right as in the left hemisphere in the patient group. Moreover, patients displayed significantly more rightward asymmetry, and overall less-asymmetrical patterns than the comparison group.”
’n Ander studie toon aan dat daar ’n redelike hoë insidensie van mense is wat afwykings toon, naamlik ongeveer 30% van die respondente wat vir navorsing gebruik is, waar die breinareas van die paracingulate sulcus nie asimmetries vertoon nie.
Die vermoedelike simptoom (nog glad nie bewys nie) is dat mense waarvan die paracingulate sulcus nie ontwikkel het nie, of selfs afwesig is, aan skisofrenie ly. Maar die probleem is dat dit by maar net ongeveer 44% van hulle betrokke is, wat dan dié teorie ook baie ongeloofwaardig maak. Alle skisofrene het ’n merkbare onvermoë om te onderskei tussen sigbare werklikheid en sigbare onwerklikheid en ten minste 56% van hulle (die meerderheid, dus) het nié ’n probleem met die ontwikkeling van die paracingulate sulcus nie. Vergelyk dit nou met Angus se snertstorie en Panda wat hom slaafs en venynig napraat.
Maar kyk na die ingrypende aard van wat ervaar word deur diegene wat nie kan onderskei tussen paranormale ervaring van alter ego’s en ander paranormale figure nie bekend, waarneembaar of sigbaar is vir andere, nie. Dit het niks te make met gelowiges se ervaring van die Spirituele, soos die persoon wie tot bekering gekom het nadat hy deur Jesus besoek is (baie mense kom só ingrypend tot bekering en is ’n báie reële ervaring indie Spirituele dimensie), nie.
Die ervaringswêreld van die skisofreen is só dat die skisofreen nie kan agterkom dat die paranormale ervaring van alter ego’s en ander paranormale figure nie bekend, waarneembaar of sigbaar is vir andere nie. Daarom word gesê dat hulle nie kan onderskei tussen werklikheid en “verbeelding” nie – hierdie is egter die maatstaf van die “normale” toeskouer omdat die toeskouer nie die paranormale figure kan optel nie. Dit het ’n paranormale oorsaak en die stand van die paracingulate sulcus van die brein het min of niks daarmee te make nie. Die fliek A Beautiful Mind is ’n móét om te sien – kyk dit gerus, dit is gebaseer op die ware verhaal van ’n baie bekende wetenskaplike, die Nobelpryswenner, Prof. John Nash, wat aan paranoïese skisofrenie ly en baie geneig is tot delusionele hipoteses, en is ook uiters leersaam – en hy is ’n volslae agnostikus, boonop... Let ook op hoe die metodiek van Nash ooreenstem met die agnostici, waar hy die delusies probeer weg rasionaliseer en intellektualiseer as “a waste of time” – is daar ’n verband? Is die klompie ateïste hier rond nie maar dalk in-die-kas skisofrenie lyers wat nou álle spirituele aktiwiteit as delusioneel beskou en probeer weg rasionaliseer nie? Kyk die fliek en lees gerus op oor Nash, die tipiese ateïs maar ook paranoïese skisofrenie lyer – die ooreenkomste in benadering en gedrag is verbasend.
Die normale gelowige mens, byvoorbeeld, ervaar en beleef die insette van Spiritualiteit maar weet mos dat ander nie daardie ervaring in die sigbare realm meemaak nie. Die gelowige weet presies wat ’n spirituele (onsienlike) ervaring is en welke ’n ervaring in die materiële (sigbare) realm, is en is te alle tye ten volle bewus van beide, die een (spiritueel) wat binne die realm van die ander (materiële) funksioneer, maar in volkome harmonie.
Groete,
Kobus de Klerk

