Dit gaan voort, onverpoosd. Bly jy Afrikaans, bly jy ’n teiken vir openlike onderdrukking in SA. Snaaks genoeg dat Malema juis in 2011 ’n “bevrydingstryd” teen die ANC as bevrydingsorganisasie begin het. ANC bevry hulself nou van die ANC? Waarom moet kinders na 1994 die “vergelding” van die erwe van die vaders dra, tot in die 3de en 4de geslag? FW uit Upington, wat deur Jan Rap die potloodtoets geslaag het, is ’n goeie voorbeeld. Die bruines het lankal hul inheemse taal prysgegee en maak nou die Europese onderdrukker se Vlaams hul eiendom? Ek wil al in my beste Sondag-onderrok skuit uit frustrasie vir kak jammerlike redenasies. Waar kan ek ’n Afrikaanse Richard Hawkins boek koop Jan Rap? Ek onthou swart kinders in duur privaat skole in Randburg van 1983. Ek wonder dikwels waar die SA is, wat so erg was na Verwoerd? Ek wonder oor die “swart” polisiemanne in ou films by Langa en Sharpeville, wie apartheid openlik ondersteun het. Ek wonder oor al die “swart” beriggewers in apartheid vir die “security branch”. Ek voel soos Rodriques, “I wonder how many times you are lying”.
Hans Richardt

