iNyaniso, inyani

  • 0

effe ongemaklik, verbysterd, by aanhoor van Waarheid,
van Veritas, ongeraffineerd, suiwer, Paradyslik, Hemels,
fantasties, veral as Mens voorheen daarteen gekant was,
eintlik net nie wou glo, dat daar Iets is, soos Geloof

vind Mens soms troos, ontvlugting, outo-migrerend, afleiding,
in en op vreemdste plekke denkbaar, amper ongenaakbaar,
Mens met g’n genade vir Self, vir Mens se heel eie, eie ek,
voor aankoms, van Waarheid, wou Mens al weer vertrek

neo-Eksodus, of so iets, Gewete-loos, Self-submissiverend,
Ekspedisie, ontkenning van Self-destruksie, integrasioneel,
deel, van “Duiwelspiek”-dissipelskap, Waarheidsverloëning

bevind Mens Mens Spiritueel voor ‘n Almagtig Koning,
Een wat Pleit, Soebat, Smeek, vir Gewete-Herwinning,
al sien Millennium Drie Mens noggie daarvoor kans

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top