'n Moderne ballade
Un coup de chapeau pour JdL en Anna K.
Tussen die stank van pis en kak
stap ek 'n publieke toilet binne, 'n horingou Let:
die tea-room trade boei my dildo-loos
- self 'n cruiser in my hart-der-harte -
jaloers, nee nydig op die judasoog
waar jy kan uithaal en wys: Gesigsloos.
Daar staan De Lange neffens 'n Blinkoog
soekend na sy ars poetica in toilet-graffiti;
wil piele vleg met die weifelendes, volminktes,
die annerster soort, party al weg na die Ander Oord.
"You haven't been fucked by poetry yet",
die raad van Mark Strand aan Erica Jong,
skiet my te binne toe ek 'n selfport(r)et
teen 'n muur lees: "Suck my Dick,
Jou fokken doos!
Dis piel of poes
Dit maak my voos!"
L'Envoi
Naatjies vir die vaak?
Of staan ons almal naak
vóór die vuige krag van 'n befokte
De Lange-piel, die leser 'n geskokte
of bloot gefokte? Gee my Antjie
en De Lange!
"Choose your fuck!"
Beslis "no fear of flying"
of 'n "zipless fuck"!

