Internet.com

  • 0

Vroeg opstaan, laat gaan slaap
Minder gaap. Windows wat haak.

Dit is hackers en trackers,
scams en bands,
video’s en studio’s,
musiek en lirieke,
kort bewegende
screensavers en high gamers.
Prente aflaai.
Ringtones wat lawaai.

Kuns en kultuur,
Dit is die nuwe gier.
Raad, dokumente en wenke.
Tydskrifte wat skinderstories praat,
Tot laat in die aand.
Die internet is bedags en snags
24 uur aan die lewe.

Mode, krone en verbode sones
Dit is date-groepe en boekkringe.
Alles wat kleurvol blink;
Drade, lyne en stippellyne
Wat gekoppel word,
saam met miljoene ander seine

Dit is surfers op die net.
Alles klink na groot pret

Telefoonoproepe het hul tyd.
Gekoppel aan koperelektrisiteit.
Koerante met webblaaie
van nuus, argiewe en advertensies.
Daarby Google Chrome,
wat koppel en smokkel!
Dit is Junkmail en Jobmail
waar informasie skuil.
Dit is werksoek en e-boeke
wat ons altyd ondersoek.
Behep met die internet,
weg met die sleg.
Alles is reg! 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top