Interessantheid oor Swart Dinsdag

  • 0

Wat het julle verwag? Die skrif was aan die muur van meet af aan; het julle nie gesien wat ten noorde van ons gebeur het nie?

Die interessantheid kom daarby in dat van die blinkogeges hierdie muilband vergelyk met die inperking van sekere publikasies deur die vorige regering. Dit is nie so nie – die vorige regering het publikasies verbied omdat hulle leuens die wêreld ingestuur het waar die huidige wet probeer verhoed dat die waarheid die wêreld ingestuur word.

Oukei, hier en daar wou die vorige regering dalk iets verdoesel maar daar is so ’n ding soos ’n skaalverskil. Die korrupsie, misdaad en verval deesdae skrei ten hemele en, by gebrek aan die vermoë om dit te bekamp, word dit maar weggesteek. By van die wat so hoog opgee oor vryheid van spraak slaak heimlik ’n sug van verligting; dit sal hulle die moeite spaar om (gewaande) ou koeie uit die sloot te grawe.

Jan Rap

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top