Interessante verskynsel met 'suurmynwater'!

  • 0

Na verlede week se geweldige reën in Gauteng, sien ek 'n verskynsel wat kommerwekkend is, tog interessant.

Op 'n draai op pad werk toe, is 'n ventilasieskag van 'n ou myn uit vroeë vorige eeu, so 20 meter van pad. Dit was deur onwettige myners op 'n tyd gebruik, maar is ook langs N12-gedeelte wat nie klaar kom nie, agv seismiese aktiwiteit wat pad laat sak.

Die water oorstroom gedurende dag die pad, wanneer duisende karre en taxi's die pad gebruik. In nag verdwyn water weer!

Tom Jones-straat in Benoni het 'n spruit onder dit, wat met baie reën reuse sinkgate ewe skielik laat inval.

Dit lyk my die rotsformasie sak in dag met gewig van verkeer en druk water uit. In nag druk water rots weer terug?

Die situasie is tans onbeheerd, met niemand wat water uitpomp nie! Ek dink dis veilig om aan te neem die rots kan insak in droë jaar, as water begin opdroog, wat topologie permanent sal verander. Die matpakke wat as stutte dekades gelede ingepak was, is seker nou net poeier? Waarom kan ou mynsand nie in uitgewerkte myne uit 1890's gepomp word nie?

Hans

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top