Toe ek vroeër vandag die LitNetwebblad probeer oopmaak kom daar gedurig 'n foutboodskap op en dan klink die ding uit. Ek probeer toe 'n ander roete en kom op die argief af, briewe uit 2007 en was dit nou interessant!
Yuri, byvoorbeeld, skryf in 'n brief (10 Oktober 2007) "Die nuwe Suid-Afrika werk. Tog is daar klakouse" en Vrydag, 15 Maart 2013, kla hy oor die agteruitgang van die Suid-Afrikaanse stede. Hy sê van Johannesburg " Die goeie verhoudinge wat destyds geheers het, is iets van die verlede. Mense sukkel om te oorleef in vuil strate waar jy plek-plek riool ruik en oor lekkende waterpype moet spring" (gelukkig is die naam deesdae Joburg, pas by die gemors).
Is dit nie wat die 'klakouse' destyds al vir hom vertel en voorspel het nie?
Hy sê vertel dat 47% Afrikaners reken die Engelse moet om verskoning vra oor die konsentrasiekampe destyds met die Engelse oorlog. Dit was blykbaar 'n LitNetvraelys en wat Yuri vergeet is dat LitNet 'n erg liberale leserskorps het, die einste ouens wat nie genoeg apologie kan aanteken vir sogenaamde apartheid nie. Nou hoe sal hulle dan nou nie verwag dat die Engelse moet apologie aanteken nie; jy moet mos handel na gelang van wat jy preek nie waar nie?
Ek, nou weer, wat nie tot die gebreinspoelde linkses behoort nie, verwag geensins 'n verskoning van die Engelse nie? Waarvoor op aarde? Hoekom moet vandag se Engelsman verskoning vra vir wat sy voorouers aangevang het? Buitendien, die Engelse is nie simpel nie – vra hulle om verskoning wéét hulle ons gaan mos nou geld vra; as hulle erken hulle het verkeerd gedoen moet hulle mos regmaak, of hoe?. En verder gaan hulle dan sit met ouens soos Yuri wat voel hy's nog nie genoeg betaal nie en kla en kla en kla.
Yuri beweer ook (11Oktober 2007) " ... die Afrikaner is besig om my van my eie taal te vervreem." Miskien kan hy die vraag antwoord waarop Kobus Faasen weier om op te reageer, naamlik hoe op dees aarde kan enigiemand 'n taal, en dit nogal die taal wat die bruinman voel hy het die grootste aandeel in sy totstandkoming, vervreem? Kan ek byvoorbeeld, sou ek nou kwaad wees vir, sê, die Engelse, hulle terugkry deur hulle taal by hulle te kaap? Natuurlik nie, wat 'n hirnverbrannte idee maar ek sal graag sy verklaring wil hoor.
Hy reken ons moet vergeet van die Engelse oorlog ('Boere-oorlog' noem hy dit) want ons het die swartes jarelank 'befok'. Nou wonder ek hoekom het die land nie leeggeloop as ons hulle so befok het nie want gedurende die tyd-van-swartes-befok was daar al vele 'bevryde' lande ten noorde van ons waar hulle 'n heerlike heenkome kon vind. Om die waarheid te sê, derduisende swartes het van juis die bevryde lande hiernatoe gesypel. Om 'befok' te word? Hy sal weer moet dink.
Hy's erg neerhalend teenoor die Afrikaner; kla oor hulle oor die oorlog sou kla, praat van 'n beesras, die soort van ding en noem Afrikaans 'n 'kak taal'. Hy's so dik vir Afrikaans hy oorweeg om sy kind in 'n Engelse skool te sit (maar sê in dieselfde asem die Afrikaanse skole het meer dissipline dus beter skole by implikasie). Dit is mos nou 'n duidelike bewys, sy klaagliedere ten spyt, dat hy in werklikheid nie Afrikaans as sy eie beskou nie (en hy's nie alleen onder die bruin gemeenskap met hierdie siening nie). Hy, soos Kobus (en Franklin Sonn as ek dit nie mis het nie), is kwaad vir die Afrikaner nou omhels hulle Engels. Is dit nie terselfdertyd 'n erkenning dat hy Afrikaans as slegs Afrikanerbesit (wat dit natuurlik nie is nie) beskou nie?
Hy sê Afrikaans is 'n kak taal, maar een van sy briewe sluit hy af met 'Afrikaansgroete'. Crazy mixed-up kid.
Jan Rap


Kommentaar
Jan Rap, Yuri se probleem is, is dat sy linkerhand nie weet wat sy regterhand doen nie.