Intellektueles vir Wouter en Cornelius

  • 0

Tydens die uitsending van Ons mense waarin Max du Preez, Antjie Krog en André Zietzman (kykNET) opgetree het, is daar ’n stelling gemaak dat intellektueles van alle bevolkingsgroepe van SA aan ’n debat moet deelneem om saam ’n oplossing vir die land te soek.

Toe kom die vraag(e) by my op: wie sal dan elke bevolkingsgroep verteenwoordig en hoe gaan die groep saamgestel word en watter kriteria sal deur elke groep gebruik as vertrekpunt, so kan mens bly vrae vra.

MAAR toe kom my vraag: Hoe lyk ’n intellektueel?

Wouter en Cornelius, julle het my baie gehelp met julle antwoorde. My gevolgtrekking is, soos jy gesê het Wouter: “Daar is altyd die versugting dat ’n intellektueel onpartydig is”, dat in bogenoemde geval daar nie sommer onpartydigheid kan wees nie. Selfs nie in dieselfde groep nie, want stel jou nou voor Max du Preez en Dan Roodt saam in een groep. En ek glo, in my beperkte intellektualiteit, dat albei van hulle intellektuele is.

Cornelius, ek weet te min van Kobus de Klerk en Erika Henn om sommer tot ’n gevolgtrekking te kom.

Baie dankie, albei van julle se skrywes is baie interessant.

Groetnis

Piet Potlood

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top