Intellektuele byeenkoms

  • 5

Ek voel besonder geëerd om besoek te ontvang van een van die groot intellektueles van SêNet, Panda. Ons het 'n heerlike middag deurgebring van lekker gesels en kuier saam met die vrouens. Ek is bevoorreg om iemand soos Panda te ken en sy sterrekunde kennis is omvattend en iets waarna die gewone sterfling kan hunker.

p

  • 5

Kommentaar

  • Lekker man, lekker. Hoe meer vrinne hoe meer vreugde. Terloops Thomas, dis 'sterrekundekennis', een woord (soos 'spaghettimonster' ook is). Van spaghettimonster gepraat, moet dit nie eintlik 'spaghettigedrog' of iets wees nie want anders is die Engels mos 'spaghetti sample', of hoe?

  • Thomas, en nou kan ek dit ook nie meer VERHELP nie. (Ek kan dit nie help nie, is 'n anglisisme. Jarelank probeer taalpuriste dit uitroei; blykbaar tevergeefs.)
    Die woord "monster" het in Afrikaans drie betekenisse: 1 proef (Eng. sample); 2 afgryslike wese, gedrog (Eng. monster) 3 tentoon stel (ook: ten toon stel) om gekeur te word, soldate inspekteer; saamvaar op 'n skip.
    Spaghettimonster of ook Spaghetti monster (volgens die jongste spelreëls) is dus in die haak. So ook sterrekunde kennis, om die leesbaarheid daarvan.
    Terloops, ek het 'n eksemplaar van "The Gospel of the Flying Spaghetti Monster" deur Bobby Henderson.
    Ten slotte: spelreëls is mensgemaak en verander maar soos wat die taalindoenas dink dit moet wees. Met die koestering van Afrikaans het dit maar weinig uit te waai.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top