Millennium Twee’t vinn’g na Drie oorg’swaai,
oorlogslust’ge gat g’wet’nloos voort, m’t skiet,
maak al meer staat op Naaste se grondg’bied,
media djol mooi saam, paradigma-wiel’t g’draai
o hyg’nd hert, liewe Aard’, o Krisis, Allah Magtig,
yt onkund’-ontkenn’r kry g’n niemand b’kent’nis,
yt historikus g’n mee-, herb’lewing, v’n g’skied’nis,
struktuurg’weldsopstok’rs vurig, so onnod’g last’g
sou Duiw’lspiek-dissip’l’t ma’ nét wou insien,
aan Legitimiteit v’n Verifieerbaarheid toe t’gee,
Self-d’struksie toe veel erg’r as neo-apartheid
nie nette minn’rheid, wat Lewe Twee v’rdien,
spiritueel perspektief geld totalitêr, innie breë,
Skepp’r’s altyd tot nogge bietjie V’rgifnis b’reid
Jacobus Faasen

