inlywing

  • 0

soos vroue, manne, voorheen kinners,
fisies wasdom bereik, rooi hakskeenlik,
status, rangorde, alte duidelik besef,
van liefde, vir en van Mens, o, God

hoe eintlik alles eintlik wetenskaplik ineengeweef,
Mens soms sonner inlywing, ingedwing, teësinnig,
suspisieus, agterdogtig, illegitiem, Gewete-loos

eers later te kan besef: situasie beroerd, benard,
‘inlywing’ volgens eie reëls, vreemdsoortig gedrag,
respek en dissipline as oorbodig, ongewens, geag

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top