bleskop, boeppens, vierwiel-wieler, volksfees-vierder,
vriende, fêndêmmelie, nageslag, post-Marikananiet,
direkteur, geloofsplekinruimer, kapitaalbestuurder,
sonner ’n idee, wat presies Gewete Mens kan bied
deesk’ Entiteit, slegs uit eie wil, post-Besinnend b’skikbaar,
rugkeer op “Duiwelspiek”-dissipels, spiritueel onafwendbaar,
lat onkund’-ontkenningskunde, nie so Self-destruktief, gedy,
Millennium Drie, ’s regte Tyd, Mens, vatplek aan G’bod t’kry
klink Herwinning nousetyd soos “recycling”, hersirkulering,
ken Mens Teorie, van Slimstes der Slimstes se Oorwinning,
hoe v’rkry Mens toegang tot Jena, Paradys, tot Lewe Twee
Mens, wie graag oor deesk’ idillies Deugde wil sing,
sal regstreeks moet b’gin, by b’plan van Herwinning,
vóór Gewete, geheel-’n-al, voor verleiding meegee
Jacobus Faasen

